Namibiu00eb gaan krag opberg
Namibiu00eb gaan krag opberg

Namibië gaan krag opberg

'n Litium-ioon-batteryaanleg van 58 MW word binnekort naby Omaruru opgerig.
Augetto Graig
Augetto Graig - NamPower en Duitsland se KfW-ontwikkelingsbank het gister by die Nasionale Beplanningskomisie in Windhoek ’n ooreenkoms onderteken vir ’n skenking van €20 miljoen (ongeveer N$400 miljoen) om ’n 58 MW battery-energiestoorstelsel (Bess) sowat 12 km suidoos van Omaruru op te rig.

Bess sal litium-ioon-tegnologie, wat in die buiteland vervaardig en in vraghouers verpak sal word waarna dit na Namibië verskeep sal word en naby die bestaande Omburu 5 MW-sonkragplaas inspan sal word vir die berging van hernubare elektrisiteit. Die sowat drie maande lange oprigting sal tussen 50 en 100 werksgeleenthede skep, maar as Bess in werking tree sal net ’n handjie vol mense voltyds daar werk, is gister aan joernaliste gesê.

Volgens me. Barbara Pirich, KfW se direkteur vir Namibië, kan dit die land ’n voorsprong gee in terme van hernubare energieontwikkeling in suidelike Afrika. “Omdat hierdie projek een van die eerste van sy soort in Suider-Afrika is, het dit 'n pioniersfunksie en word verwag soortgelyke projekte sal baat by die ervaring wat hieruit voortvloei,” sê sy.

Sy sê een groot uitdaging van die regering se plan om meer hernubare energie te gebruik, is dat die son en die wind nie deurlopend beskikbaar is nie. Die gevolglik wisselende toevoer bedreig die stabiliteit van en lewering van elektrisiteit binne enige kragnetwerk. “Die vinnige uitbreiding van hernubare kragopwekking bied nuwe uitdaging en probleme vir die Namibiese kragsektor,” sê sy.

“Die batteryaanleg, soos die een wat deur die Get-Fit Namibia Battery Energy Storage System (Bess) gebruik sal word, kan aan die uitdagings met die integrasie van hernubare energie voldoen en is ideaal geskik om die volhoubare ontwikkeling van Namibië se kragsektor te ondersteun,” meen Pirich.

Volgens NamPower se besturende direkteur, mnr. Simson Haulofu, sal Bess die nasionale kragvoorsiener in staat stel om beheer uit te oefen oor kwessies soos piektydverskuiwing, die skeiding van kragtoevoer, die lewering van noodkrag en reaktiewe kragbeheer.

Hy sê Bess sal help om Namibië se doelwit om 70% vanm sy elektristeit teen 2030 uit hernubare bronne op te wek en die algehele koste van krag vir die eindverbruiker te verminder.

NamPower sal ook N$100 miljoen tot die projek bydra om plaaslike aksyns en belasting, projekontwikkelingskoste en aansluitingskoste te dek, sê Haulofu.

Bess is ’n loodsprojek wat na verwagting deur ander gevolg sal word soos hernubare elektrisiteit landswyd versprei word, sê hy.

Volgens hom het NamPower reeds 18 tenderaansoeke in die voorlopige kwalifiseringsfase ontvang en ’n kortlys opgestel waaruit ’n kontrakteur teen die twee kwartaal van 2022 aangestel sal word.

Die direkteur-generaal van die Beplanningskommissie, mnr. Obeth Kandjoze, het uitgebrei oor die bilaterale betrekkinge tussen Namibië en Duitsland, en sonder KfW se ontwikkelingshulp vir Namibië veral met waterinfrastruktuur en die ontwikkeling van groenwaterstof-nywerhede in die land uit. Hy sê daar is vier maande gelede ’n ooreenkoms onderteken waardeur Duitsland €40 miljoen (sowat N$700 miljoen) beskikbaar gestel het vir toepaslike studiebeurse, die ontwikkeling van 'n strategie vir groen waterstof en om die groenwaterstofprojek in die land te loods.

Hy sê 'n konsepbegroting is opgestel en alles is op koers om van die geld gebruik te kan maak. Deur die ontwikkeling van groen waterstof kan Namibië help om klimaatsverandering teen te werk, sê hy.

Kandjoze, wat sewe jaar gelede as minister van myne en energie die Omburu-aanleg ingewy het, sê Bess skep die vooruitsig van groot, nuwe kragopwekkingskapasiteit wat Namibië se afhanklikheid van kraginvoere sal omkeer. “Groot ondernemings soos hierdie kan spelveranderend wees,” sê hy. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%