Namibië gaan blitstoetse gebruik
Blitstoetse kan onder meer by grensposte ingestel word om mense met simptome te toets.
Henriette Lamprecht – Namibië gaan blitstoetse (RDT's) as deel van sy reaksie op die Covid-19-pandemie in die land gebruik.
Tot op hede is die polimerase-kettingreaksie (PCR)-toets gebruik. Dié toetse het egter uitdagings soos hoë koste, tegniese kundigheid wat vereis word en 'n lang wagtyd vir uitslae.
Volgens die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, bly Namibië een van die lande met 'n proaktiewe benadering in die bestryding van die pandemie en streef voortdurend daarna om te verbeter.
Dit word volgens hom duidelik bewys in die land se toename in toetskapasiteit – van die aanvanklike een laboratorium tot ses goedgekeurde laboratoriums.
Volgens Nangombe is die plan om die blitstoetse in te span waar wydverspreide gemeenskapsoordrag van Covid-19 voorkom en in veral digbevolkte gebiede soos opvoedkundige, kliniese en korrektiewe instellings. Of in scenario's waar dit nie moontlik is om alle vermoedelike gevalle deur middel van molekulêre toetsmetodes betyds op te spoor, te isoleer of kontakte na te spoor nie.
Hy maan om die gehalte van die toetse te verseker, moet die reagent vir die gebruik van normale en abnormale gehaltebeheer geïmplementeer word.
PLAASLIK GEVERIFIEER
“Net bekragtigde metodes – wat vir gebruik in Namibië geverifieer is – sal gebruik word. Die blitstoetse moet aan die minimum vereistes van meer as 80% vir sensitiwiteit en meer as 97% vir spesifisiteit in vergelyking met 'n goedgekeurde molekulêre toets voldoen,” het hy gesê.
In ooreenstemming met regulasies van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) moet die toetse gebruik word vir simptomatiese individue, sowel as asimptomatiese en hoërisikopersone wat in die laaste 14 dae in noue kontak met 'n Covid-19-pasiënt was. Volgens Nangombe verskaf die blitstoetse slegs 'n aanvanklike toetsuitslag.
“'n Negatiewe uitslag skakel nie noodwendig 'n moontlike infeksie uit nie en kliniese en epidemiologiese inligting moet ook oorweeg word om die implementering van riglyne vir openbare gesondheid te lei,” sê hy.
Indien beskikbaar kan molekulêre toetsing ook oorweeg word in die geval van 'n negatiewe blitstoets, veral vir prioriteits- of hoërisikopasiënte. Laasgenoemde hang af van die kliniese en epidemiologiese kriteria.
Nangombe sê plaaslik kan blitstoetse gebruik word in dele van die land waar PCR-uitslae weens lang afstande vir die vervoer van die weefselmonsters vertraag word.
Dit kan ook gebruik word in die toetsing van pasiënte wat noodoperasies moet ondergaan of waar 'n noodbehoefte opname vir dringende sorg in 'n intensiewesorgeenheid (ICU) bestaan.
“RDT's wat teenliggaampies opspoor, kan gebruik word om sero-epidemiologiese data te verskaf wat nuttig is om die omvang van Covid-19-blootstelling in ons bevolking te bepaal.”
Die blitstoetse sal ook by grensposte gebruik kan word waar mense simptome toon. Nangombe het beklemtoon die RDT-toetse moet net vir voortgesette terapeutiese doeleindes gebruik word en nie om pasiënte met 'n aktiewe infeksie te diagnoseer nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie