Namibië en Europa rock Windhoek!
Die Eunic-musiekfees is ‘n eerste vir Namibië. Hierdie gatskop fees vind op 26 Mei by die Warehouse-teater plaas en Denzel Leroy sal die gasheer wees.
Dit skop af met twee bekende plaaslike kunstenaars, Kp Illest en Lionness.
Kp Illest is ‘n gevestigde kunstenaar in Namibië se hip hop-kringe en hy staan bekend as iemand wat mense se belange ter harte neem.
Sy musiek weerspieël mense se alledaagse dilemmas.
Lionness is ’n 24-jarige plaaslike rapper.
Sy staan haar plek in die plaaslike musiekbedryf met haar unieke lirieke vol.
Haar regstreekse optredes word as van die beste in die land beskou.
As deel van dié fees sal drie internasionale kunstenaars ook die verhoog betree. Hulle word met trots deur die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC), Centro Diogo Cão en die Goethe-Institut geborg.
Die eerste van dié drie kunstenaars is die Franse platejoggie, DJ Crabbe. Sy klank val in die huismusiek-kategorie en maak van Afrika-klanke gebruik om ‘n uitsonderlike atmosfeer te skep.
Die Portugese hip hop-sanger Valas het al meer as 100 regstreekse optredes in Portugal op sy kerfstok. Valas het vinnig as een van die belowendste jong kunstenaars in die internasionale musiekbedryf bekend geword en is tans besig met die bekendstelling van sy debuutalbum.
Chefboss bestaan uit twee Duiste kunstenaars, Alice en Maike. Hulle is gereeld by rock-konserte in Duistland te sien.
Hul bekende goue BMX-fietse en dansers met goue maskers sal tydens die Eunic-musiekfees gesien kan word.
Hul energie is aansteeklik.
Centro Diogo Cão, die FNCC, Goethe-Institut, die Europese unie, Safari Hotels en Fresh FM borg die geleentheid.
Kosstalletjies by die fees sal eg Europese kos bedien.
Kaartjies is by Events Today teen N$150 of by die deur teen N$200 beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie