Namibiu00eb, Botswana moet su00ea oor oliesoektog
Namibiu00eb, Botswana moet su00ea oor oliesoektog

Namibië, Botswana moet sê oor oliesoektog

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (Unesco) is bekommerd oor die impak wat die soektog na olie op die Okavango-delta het.

Die delta-gebied is in 2014 tot wêrelderfenisgebied verklaar.

Namibië en Botswana moet in die lig van ReconAfrica se olie-eksplorasie teen 1 Februarie aanstaande jaar ’n opgedateerde omgewingsverslag oor die impak van dié projek op die bewaring van die Okavango-delta as ’n wêrelderfenisgebied voorlê.

Unesco het Vrydag gesê die twee buurlande moet die verslag aan die Wêrelderfenisentrum voorlê vir bespreking tydens die Wêrelderfeniskomitee se 45ste sitting in 2022.

Unesco sê verder hy is bekommerd daaroor dat die betrokke regerings lisensies vir olie-eksplorasie in dié omgewingsensitiewe gebiede in die noordweste van Botswana en die noordooste van Namibië aan ReconAfrica toegeken het. Hy sê die omgewingsimpak van dié Kanadese olie- en gasmaatskappy se omstrede olie-ontginningsplanne moet volgens internasionale bewaringsriglyne vir natuurerfenisgebiede bepaal word.

Unesco sê eksplorasiewerk kan ’n negatiewe impak op hierdie wêrelderfenisgebied hê weens afvalstortings of besoedeling.

In sy genotuleerde besluit sê Unesco hy dring daarop aan Botswana en Namibië moet seker maak verdere stappe om die olieprojek te ontwikkel, soos die gebruik van nuwe eksplorasietegnieke, word aan streng en kritiese voorafgaande hersiening onderwerp.

Dit moet geskied deur middel van ’n omgewingsimpakstudie (EIA) wat ooreenstem met internasionale standaarde. Dit beteken dit moet die sosio-maatskaplike impakte sowel as ’n hersiening van die potensiële nadelinge omgewingsimpakte op die delta as wêreldeiendom, insluit.

Unesco wys daarop die twee lande moet toesien die EIA word in ooreenstemming met die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN) se riglyne vir wêrelderfenisgebiede gedoen.
[email protected]

FOTO
Die boortoerusting wat ReconAfrica gebruik. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!