Namibië betuig meegevoel oor Londen brand
Estelle de Bruyn
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, het met die opening van die sitting Dinsdagmiddag Namibië se meegevoel met die slagoffers van die brand in die Grenfell Tower woonstelgebou in Londen betuig.
Minstens 79 mense is verlede week dood met die dodetal wat waarskynlik nog kan styg. Die gebou het in die vroeë oggendure aan die brand geraak en baie mense was binne vasgekeer.
Katjavivi het daarop gewys dat tragedies soos hierdie vir almal, ook die mense van Namibië, waardevolle lesse inhou oor paraatheid in gevalle van nood.
"Ons gedagtes en gebede is by die mense wat hul lewens in die brand in Londen verloor het," het Katjavivi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie