Namibiu00eb beplan groen waterstof vir kunsmis
Namibiu00eb beplan groen waterstof vir kunsmis

Namibië beplan groen waterstof vir kunsmis

Geingob dring aan op voorvaardelike toelaag, eers net vir 42 000 Voedselbank begunstigdes
Augetto Graig
Augetto Graig

President Hage Geingob het Woensdag die Afrika-vasteland ingelig van Namibië se plan om met vennote wêreldwyd en saam te werk “om ons wêreldgehalte hernubare energiebron vas te vang en te gebruik om groen waterstof te vervaardig.

“Dié uitlatingvrye waterstof sal omskep word in ammoniak, wat ’n noodsaaklike bousteen vir verskeie kunsmisprodukte is.”

Die staatshoof se virtuele voorlegging is as deel van die Africa Green Revolution Forum 2021 se beraad van presidente in Nairobi, Kenia gedoen. Geingob het aan sy eweknieë gesê: “Plaaslik vervaardigde kunsmis met nul uitlatings (emissions) kan gebruik word om ’n vrugbare geleentheid vir plaaslike en streekswye volhoubare ekonomiese ontwikkeling te skep.

“Dit sal betekenisvol bydra tot die wêreld se pogings om koolstof uit die ekonomie te verminder, terwyl dit ook Afrika se ambisie versterk om hongersnood te laat verdwyn.

“Hierdie nuwe skoon sintetiese brandstofbedrywe het die potensiaal om ons BBP te verdubbel, werk te skep vir duisende Namibiërs en baie belangrik, by te dra tot ’n skoner en meer volhoubare tuiste vir ons kinders en ons kinders se kinders. Die omgewing, hongerte en billikheid is op komplekse wyse verbind en moet tegelykertyd aangepak word,” sê Namibië se president.

Geingob het die kans aangegryp om Namibië se prestasies in die stryd teen hongerte uit te lig. “Sedert onafhanklikwording, gegewe ons omvattende maatskaplike veiligheidsnetprogramme, is meer as 500 000 Namibiërs uit erge armoede opgehef,” het hy gesê.

Oor sy eie inisiatief om die Voedselbank in Namibië te vestig, het die president gesê 42 081 mense baat daaruit. “Gedurende dié tyd was geen Namibiër aangemeld as ’n sterfgeval as gevolg van hongerte nie, ongeag een van die ergste droogtes wat die land in onlangse geskiedenis deur is,” sê hy.

Die impak van Covid-19 op Namibië lei tot voorspellings dat armoede met 4,2% sal toeneem, weens verliese aan inkomste, sê die president, en dis hoekom die Voedselbank omskep word om kontantuitbetalings te doen, “as ’n eerste stap om ’n voorwaardelike basiese inkomstetoelaag te vestig,” sê hy.

Geingob sê Namibië is ’n klein oop ekonomie, kwesbaar vir onafhanklike veranderlikes, insluitend klimaatsverandering en die ontwrigtende gevolge daarvan, sê hy.

“Gevolglik moet Namibië oplossings verwant aan klimaatsverandering skep om in die geheel wanvoeding en ongelykheid te bekamp,” sê hy.

Aanvullend tot die land se welvaartsprogramme, sê die president: “Namibië sal die insette van private strategiese belegging in die landbousektor bevorder en fasiliteer. Hierdie ambisie sal tot nasionale doelwitte vir voedselsekerheid en selfversorgendheid bydra.

“Hierdie skema het potensiaal vir produksie van hoëwaarde-gewasse en kan bydra tot uitvoermarkvereistes, terwyl duisende werksgeleenthede geskep kan word,” het hy gesê.

Hy sê Namibië se beplande groen en blou ekonomie is ambisieus en in pas met die Afrika Unie se kontinentale groen herstel aksieplan wat in Junie 2021 voorgestel is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A