Namibië bekyk ook ‘ander tipes entstof’
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Namibië kyk ook na ander Covid-19-entstowwe buiten AstraZeneca waarvan die ontplooiingsplan in Suid-Afrika eers onderbreek is omdat dit nie genoegsame beskerming teen 501Y.V2, die Suid-Afrikaanse variant van die coronavirus bied nie.
Me. Petronella Masabane, voorsitter van Namibië se taakspan vir die uitrol en verspreiding van Covid-19-entstof, het by navraag gesê daar word plaaslik nog gewag op die uitslae van genoomvolgorde (genome sequencing results).
“Tot dan het ons geen bewyse dat die variant wat in Suid-Afrika geïdentifiseer is, ook in Namibië voorkom en indien wel, tot watter mate nie,” het Masabane gesê.
Sy het beklemtoon die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan “verskillende tipes entstof” ontplooi wat dit moontlik sal maak om verskillende ouderdomsgroepe te immuniseer.
“Namibië kyk ook na ander beskikbare entstowwe. Die spesifieke tipe moet nog bepaal word,” het sy gesê.
Masabane sê die land het ’n toekenningsvorm vir ’n entstof voltooi waarin Namibië spesifiseer watter een hy verkies. Die beslissing word gebaseer op onder meer doeltreffendheid, die vereistes vir berging en ook koste verbonde.
Intussen word dit as blote gerugte afgemaak dat die private gesondheidsektor self Covid-19-entstof vir hul personeel en ook lede van die publiek wil aankoop.
Me. Esme Botes, voorsitter van die Namibiese Vereniging vir Private Gesondheidsgeriewe (NAPH) het erken “geweldig baie stories doen tans die rondte, maar daar is nog niks definitief of konkreet oor die private gesondheidsbedryf wat self entstof mag aankoop nie,” het sy gesê.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het met verwysing na ’n moontlike voorstel deur private gesondheidslui om die publiek teen N$650 per entstof te immuniseer, gesê hy is nie bewus van so ’n voorstel nie. Met verwysing na inisiatiewe deur private mediese fondse om by te dra tot die immuniseringsveldtog het Shangula gesê dit word deur die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, gedryf. Shangula het navrae in dié verband na hom verwys.
Shangula het in Januarie vanjaar ’n beroep op die mediesefondsbedryf gedoen om begunstigdes deur hul mediese skema te ondersteun om toegang tot die entstof te kry. Hy het ook gesê die regering gaan “koöperatiewe Namibië” vir steun in die immunisering teen Covid-19 betrek.
“Ek doen opnuut ’n beroep vir die steun van alle vredeliewende Namibiërs, ons vennote en vriende, om hande te vat en toegang tot die entstof te verseker,” het hy gesê.
Volgens Shangula sou die ministerie van finansies, die Regulerende Owerheid vir Finansiële Instellings in Namibië (Namfisa) en die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) vergader om maniere te vind om die entstof te finansier.
Intussen het die voorsitter van Nammed, mnr. Petrie Theron, met verwysing na onderhandelinge tussen mediese fondse en die ministeries van finansies en gesondheid en maatskaplike dienste bevestig mediese fondse sal entstowwe vir hul lede betaal.
Theron het ook bevestig onderhandeling met die ministeries is steeds aan die gang.
“Daar is nog nie finaliteit oor alles nie en die gesprekke fokus oor hoe ons hierdie pandemie saam kan takel.”
Met verwysing na mediese fondse se betaling van die immunisering van hul lede, sê Theron dieselfde beginsel geld soos vir enige ander immunisering, insluitend die griepinspuiting.
Theron sê mediese fondse het nie planne om self entstof aan te koop en die land binne te bring nie.
“Die antwoord was niks verhoed ons om dit te doen nie, maar ons gaan baie ver agter in die tou staan omdat regerings eerste gehelp word, wat natuurlik reg is,” het hy verduidelik.
Theron sê gesprekke tussen alle rolspelers duur intussen voort.
“Die regering is proaktief en doen sy bes. Daar is baie goeie samewerking tussen die twee ministeries en die verwante rolspelers. Die publiek kan gerus wees dat die saak deeglike aandag geniet.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie