Namib Poultry open kliniek
Namib Poultry Industries het ‘n nuwe onlangs ‘n nuwe mylpaal bereik met die opening van sy kliniek op 19 November.
Die kliniek sal voorts ‘n groot verskeidenheid gesondheidsdienste vir werknemers op die perseel bied, wat insluit primêre gesondheidsdienste en gesondheid in die werksplek, waaronder noodbehandelings vir siektes en -beserings, gesinsbeplanning vir vroue en ander gesondheidsveldtogte.
“Met dié fasiliteit beoog ons om kwaliteit gesondheids- en maatskaplike welsynsdienste te voorsien.
“Ons is oortuig dat beroepsverwante en ander siektes verhoed kan word indien die risiko’s behoortlik geïdentifiseer en beheer word,” het mnr. Ian Collard, die uitvoerende beampte van die Namib Mills (NMI)-maatskappygroep gesê.
Collard het die inhuldigingseremonie behartig tesame met die permanente sekretaris van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, wat namens minister Bernard Haifiku die geleentheid bygewoon het.
“As ‘n verantwoordelike maatskappy is dit ook belangrik om na die gesondheid en veiligheid van die werknemers om te sien,” lui ‘n persverklaring van NPI.
Die sentrum sal poog om goeie gesondheid en welstand te bevorder. Voeding, gesondheid en veiligheid en die ontwikkeling van klein- en mediumgrootte ondernemings (SME) is gebiede waarop NPI wil fokus.
Die bevordering van gesondheid lei tot hoër produktiwiteit, minder beserings by die werk, ‘n verbeterde kultuur in die werksplek, minder afwesigheid en verbeterde personeelretensie. Dit bevorder dus beide die werkgewer en werknemer in terme van gesondheids- en ekonomiese voordele, lui die verklaring.
NPI produseer gemiddeld 1 850 ton pluimveeprodukte per maand, wat hom in staat stel om ‘n plaaslik ‘n grootskaalse bydrae tot die regering se 2030-plan sowel as binnelandse voedselsekuriteit te lewer.
Namib Poultry is trots-Namibies en bied voltydse werksgeleenthede aan 650 Namibiërs.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie