u2018Namgomar kry kwotas op bedrieglike wyseu2019
u2018Namgomar kry kwotas op bedrieglike wyseu2019

‘Namgomar kry kwotas op bedrieglike wyse’

Namgomar Pesca Limitada SA het tussen Julie 2014 en 2019 ’n totale visvangkwota van 50 000 metrieke ton maasbanker ontvang, sê die Teenkorrupsiekommissie.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Die hoofondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), mnr. Andreas Kanyangela, het Vrydag in die hoërhof in Windhoek gesê die visvangkwotas vir 50 000 metrieke ton maasbanker is op ’n bedrieglike wyse aan Namgomar Pesca Limitada toegeken.

Volgens hom het die voormalige prokureur-generaal (PG), mnr. Albert Kawana, die oudminister van visserye, mnr. Bernard Esau, aangeraai om die voorlopige bilaterale vissery-ooreenkoms af te gradeer nadat dit aan die lig gekom het die Angolese wou nie ‘n bindende ooreenkoms aangaan nie.

Met die hulp van mnr. Ricardo Gustavo is hierdie bilaterale ooreenkoms afgegradeer na ‘n memorandum van verstandhouding (MoU) wat uiteindelik in Julie 2015 in die Staatskoerant gepubliseer is, maar die Namgomar Pesca-visvangkwotas is ingevolge die aanvanklike bilaterale ooreenkoms toegeken. Dít ondanks die feit dat die bilaterale ooreenkoms wat nié gepubliseer is nie, reeds op 18 Junie 2014 onderteken is, wat aandui die kwotas wat aan Namgomar Pesca Namibia gegee is, is onregmatig toegeken. Kanyangela het verduidelik voor die bekragtiging van hierdie ooreenkoms, het ’n afvaardiging verskeie vergaderings in beide lande bygewoon waarvan mnre. James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, die fluitjieblaser Jóhannes Stefánsson en die voormalige minister van justisie en die enigste regeringsamptenaar, Sacky Shanghala, deel was. Die Hatuikulipi’s en Gustavo was nooit in diens van die Namibiese regering nie en dus nie in ’n posisie om die MoU tussen twee soewereine regerings te onderhandel nie.

Geen bewyse bestaan dat die kwotas wat in Namibië gewissel is, inderdaad na Angola uitgevoer is ten bate van Namgomar nie, nóg is daar bewyse dat hierdie kwotas of vis in Namibië verkoop is ten bate van die Namibiese mense, het Kanyangela gesê.

“Daar is duidelik in die MoU aangedui dié ooreenkoms is aangegaan om voedselsekerheid te verseker en om werk te skep vir die landsburgers van die twee regerings, en ons het op geen dokumente afgekom wat wys Namgomar Pesca Namibia het ooit Namibiërs in diens geneem of vis aan die plaaslike bevolking voorsien nie.”

Volgens die ACC het Namgomar Pesca Limitada SA tussen Julie 2014 en 2019 ’n totaal van 50 000 metrieke ton ontvang – volgens ‘n ooreenkoms wat deur Gustavo en Esja Holdings vir ‘n tydperk van tien jaar gestel is. Hierdie gebruiksooreenkoms het die prys van ’n metrieke ton op N$500 bepaal terwyl Esja Holdings terselfdertyd verskeie visvangooreenkomste met Fishcor aangegaan het – waar die prys van ’n metrieke ton tussen N$1 500 en N$3 000 beloop het.

Intussen het Kanyangela aan die hof gesê ingevolge die memorandum van verstandhouding tussen Namibië en Suid-Afrika, sou Namgomar Pesca Namibia ’n gesamentlike onderneming stig wat uit Namibiërs en Angolese sou bestaan. Geen bewyse het tot dusver aan die lig gekom dat hierdie gesamentlike onderneming wel op die been gebring is nie.

“’n Mens kan dus tot die gevolgtrekking kom dat die kwotas wat Namgomar Pesca Limitada SA ontvang het, bedrieglik ontvang is of bedrieglik toegeken is – net tot voordeel van Gustavo se medebeskuldigdes – wat ook die bewering kan bevestig dat kernsakelui en topstaatsamptenare hierdie memorandum van verstandhouding op ’n korrupte manier gebruik het om hulself te bevoordeel,” het Kanyangela gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%