Name van ses slagoffers bekend
''n Woordvoerder van die Namibiese polisie het die name van die slagoffers in Dinsdagoggend se massa-ongeluk tussen Windhoek en Rehoboth bekend gemaak.
Volgens insp. Slogan Matheus is die naasbestaandes van die slagoffers in kennis gestel. Die slagoffers, almal van die Rundu-omgewing in die Kavango-Oosstreek, is mnre. Stefanus Muyenga Iyemba (49) van die Omungunda-nedersetting; Ndango Wensislaus Mukosho (29) van die Tjeye-nedersetting; Mulapo Johannes Ndjwaghu (46) van die Mbapuka-nedersetting; Daniel Ngunga Fulayi (33) van die Mbeyo-nedersetting; Haingura Mujeu (29) van die Kasivi-nedersetting en me. Emergad Haisindi (47).
''n Minibus met 24 insittendes het in die vroeë oggendure naby die Omeya-gholflandgoed teen ''n bees gebots wat oor die pad geloop het. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en teen ''n boom langs die pad gebots.
Vyf mense is ernstig beseer en 13 het ligte beserings opgedoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie