Namdock se hoof sterf toe voertuig rol

Ronelle Rademeyer
Die waarnemende uitvoerende hoof van Namdock, droogdok en skeepswerf by die Walvisbaaise hawe, het in die vroeë ure vanoggend (Woensdag) in ’n motorongeluk gesterf.
Namdock het kort gelede die dood van me. Heritha Nankole Muyoba bekend gemaak.
Vier ander mense is in dieselfde ongeluk dood wat op die pad tussen Kongola en Omega 3 plaasgevind het, sê Namdock. Hulle was almal familie.
Die luukse nutsvoertuig waarin hulle gereis het, het van die pad gery, gerol en weer op sy wiele beland. Dit het gebeur nadat ’n band vermoedelike gebars het.
Twee ander familielede is beseer. Die ongeluk het tussen 05:00 en 06:00 plaasgevind.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer