NAMDIA skenk N$2 miljoen
Kristien Kruger – Namib Desert Diamonds (NAMDIA) het byna N$2 miljoen aan verskeie organisasies en projekte geskenk wat beoog om die impak van Covid-19 te verlig.
NAMDIA het N$200 000 aan Walvisbaai se Round Table 36 geskenk om hul ‘Feed A Family’ projek te finansier. Die projek fokus op voedselverspreiding na kwesbare gemeenskappe.
Hulle het ook in Julie N$50 000 aan die Round Table 36 geskenk om die Twaloloka gemeenskap in Walvisbaai te ondersteun.
NAMDIA het ook ’n donasie van N$50 000 aan die MTC Knockout-projek gegee.
Verdere donasies sluit in N$1 miljoen aan die Namibiese regering, N$200 000 aan staatsondernemings se uitvoerende beamptes forum en N$150 000 aan Windhoek se munisipaliteit (CoW).
Aan die Robert Mugabe-kliniek is 500 bottels ontsmettingsmiddele verskaf en kospakkies ter waarde van N$300 000 is na kwesbare gemeenskappe in en om Windhoek versprei.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie