Namdia beslis Hamutenya moet opdok

Afgesien van die straf wat die uitvoerende hoof opgelê is, wil dit voorkom of die direksie geensins daarin belangstel om enige van die bestuurslede se kontrakte te hernu nie.
Yandi Du Plessis
Mathias Haufiku



Die direksie van Namibia Desert Diamonds (Namdia) het 'n finale skriftelike waarskuwing aan die uitvoerende hoof van die maatskappy, mnr. Kennedy Hamutenya, uitgereik en hom beveel om 'n bedrag van N$210 000 terug te betaal.

Dit spruit uit 'n voorval waar hy 'n betaling aan 'n diamanthandelaar goedgekeur het wie se kontrak met die maatskappy verval het.

Volgens betroubare bronne is die direksie nie van plan om Hamutenya se kontrak te hernu wanneer dit volgende jaar verstryk nie, en om dié rede sal aftrekkings eweredig tussen die oorblywende maande op sy kontrak verdeel word.

Met die voortdurende onenigheid tussen Namdia se direksie en die bestuur, sal die omstrede diamantbemarkingsmaatskappy teen Julie 2022 onder 'n heeltemal nuwe bestuur wees.

Dít volg nadat dit aan die lig gekom het die direksie sal nie die uitvoerende bestuurders se kontrakte hernu wanneer dit verstryk nie.

Mense in Namdia se binnekringe sê dit is onwaarskynlik dat enige van die uitvoerende bestuurslede se kontrakte hernu sal word, gegewe die bitter verhouding tussen die bestuurspan en die direksie.

Die direksie, onder leiding van mnr. Bryant Eiseb, is skynbaar nie beïndruk met die manier waarop die sake van die maatskappy hanteer word nie.

Tekens dat verandering op pad is, het onlangs kop uitgesteek nadat Hamutenya en die hoof van finansies, mnr. Sven von Blottnitz, finale waarskuwings ontvang het ná 'n dissiplinêre verhoor waar hulle skuldig aan growwe insubordinasie bevind is .

Hulle het na bewering nie die direksie se instruksies gevolg nie en 'n betaling van N$210 000 aan die diamanthandelaar Neil Haddock gemaak nadat sy kontrak met die maatskappy verstryk het.

Met 'n jaar oor op sy kontrak sal die voormalige diamantkommissaris minstens N$16 000 per maand moet opdok om die skuld te vereffen.

“Hulle is skuldig bevind en die direksie het beslis die geld wat aan Haddock betaal is, moet van die uitvoerende hoof se salaris afgetrek word,” het 'n goed ingeligte bron gesê.

In reaksie op navrae oor die dissiplinêre proses, het Eiseb vandeesweek gesê dit is 'n “private kwessie”.

“Ingevolge Namdia se dissiplinêre beleid is dissiplinêre ingrypings 'n private aangeleentheid en ons respekteer die privaatheid van enige betrokke werknemer. Ons wil ook beklemtoon hierdie is 'n interne kwessie,” het hy gesê.

Hamutenya en Von Blottnitz se vyf­jaarkontrakte sal in Julie 2022 ten einde loop.

Namdia het oor die jare probeer om sy reputasie af te skud as 'n twyfelagtige diamantbemarkingsmaatskappy wat ondeursigtige maniere gebruik om diamante teen onderwaardeerde pryse te verkoop.

Die maatskappy se hoof van mens­like hulpbronne en administrasie, mnr. Irvin Haihambo, sal die eerste een wees wat uittree nadat hy onlangs sy bedanking ingedien het, amper 'n jaar voordat sy kontrak verstryk. Hy vertrek einde volgende maand.

Dit is onduidelik of sy besluit om die maatskappy te verlaat verband hou met die gespanne verhouding tussen die direksie en die bestuur.

Republikein se susterkoerant Namibian Sun is in dié stadium bewus van twee bestuurslede wat weer om hul poste sal moet aansoek doen.

Onder hulle is die hoof van verkope en bemarking, me. Lelly Usiku, wie se kontrak einde Augustus vanjaar ver­stryk, terwyl die sekuriteitshoof, mnr. Clarky McKay, se kontrak in Januarie 2022 eindig.

Die duo is aangesê om weer aansoek vir hul poste te doen, maar alles dui daarop dat dit nié hernu sal word nie. Ondanks die feit dat Hamutenya die direksie aangeraai het om hul kon­trakte te hernu, is hierdie versoek van die hand gewys.

Hamutenya het Dinsdag by navraag geweier om kommentaar te lewer en gesê die kwessie “is buite my bestek”. Hy het alle navrae na die direksie verwys.

Hy wou ook nie sê of hy weer vir sy pos sal aansoek doen wanneer sy dienskontrak volgende jaar verstryk nie.

Bronne binne die maatskappy het aangedui die direksie het 'n herstruktureringsproses geïmplementeer om die bestuur se vlerke te knip.

“Lelly Usiku en Clarky McKay se kontrakte word nie hernu nie, ondanks die feit dat hulle veterane en stigters is van 'n maatskappy wat finansieel uitstekend presteer het. Waarom word 'n herstruktureringsproses gekoppel aan die besluit om hul kontrakte te verleng?” het 'n bron gevra.

Die bron het ook die direksie daarvan beskuldig dat hy “té betrokke is by bedryfskwessies en heeltyd inmeng”.

“Waarvoor word die bestuurslede betaal as hulle elke dag by die bestuur van die maatskappy inmeng? Dit lyk asof die direksie die missie het om van die bestuur ontslae te raak,” het die bron aangevoer.

Volgens ander bronne is die bewerings oor die “suiwering” van die bestuur vals en word dit hoofsaaklik gepropageer deur senior amptenare wat weerstand bied teen die direksie se pogings om die bedrywighede van die maatskappy meer deursigtig te maak.

Hierdie teorie is deur 'n ander bron naby aan die kern van die maatskappy bevestig, wat gesê het dit is onwaarskynlik dat die direksie 'n heksejag teen uitvoerende amptenare voer. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 410.57/OZ UP +1.37% | Copper US$ 5.00/lb UP +3.17% | Zinc US$ 3 046.80/T UP 2.31% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 1 079.31/OZ UP +1.67% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 410.57/OZ UP +1.37% | Copper US$ 5.00/lb UP +3.17% | Zinc US$ 3 046.80/T UP 2.31% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 1 079.31/OZ UP +1.67%