Namdeb: Eise vir taksvakansie

Die vakbond sê hy wil Namdeb se werksaamhede in die toekoms uitbrei.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage



Die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) se suidelike tak doen 'n beroep op die regering om Namdeb vir vyf tot sewe jaar van belasting kwyt te skeld in 'n poging om te keer dat die myn sluit.

Diamantmynmaatskappye is verplig om 55% korporatiewe winsbelasting bykomend tot 'n 10%-tantième op ongeslypte diamante te betaal.

Volgens die jongste jaaroorsig van die Kamer van Mynwese in Namibië het Namdeb Holdings verlede jaar maatskappybelasting van N$1,571 miljard betaal.

Tantième vir die finansiële jaar het N$1,328 miljard beloop.

Die maatskappy het uitvoerheffings van N$141 miljoen betaal.

Namdeb Holdings se totale dividende vir 2018 was N$800 miljoen. Die regering besit 50% van die aandele in Namdeb Holdings en De Beers die res.

Die regering steun swaar op diamante se ekonomiese bydrae. Volgens die Bank of Namibia (BoN) se jongste ekonomiese vooruitskatting wat verlede week vrygestel is, gaan diamantmynbedrywighede vanjaar 'n verwagte N$17,4 miljard tot die geskatte bruto binnelandse produk (BBP) van sowat N$197,8 miljard teen heersende pryse bydra.

Die sektor se bydrae verlede jaar was sowat N$18,2 miljard.

Volgens die visesekretaris van die vakbond se suidelike tak, mnr. Hashondali Kakuti, sal die voorgestelde kwytskelding van belasting die volhoubaarheid van Namdeb se werksaamhede verseker.

Volgens die vakbond sal die kwyt­skelding die nodige kapitaaluitgawes vir Namdeb se mariene mynuitbreiding beskikbaar maak, wat die voortgesette bestaan van die myne en die skep van tussen 200 en 300 nuwe werksgeleenthede sal verseker.

“Gesprekke is met die Oranjemund-dorpsraad sowel as die ministeries van myne en finansies gevoer. Ons wil graag tussen drie en vyf jaar se belastingkwytskelding hê. Ons het kontant nodig wat ons in uitbreiding gaan belê. Daarsonder gaan ons kontant van die regering nodig hê,” het Kakuti gesê.



'WETTE VOORSIEN DAARVOOR'

Volgens hom word voorsiening vir die tydelike opheffing van belastingbetalings aan die regering in die minerale- en diamantwette gemaak.

Die ministerie van finansies is ook besig om Namdeb se finansiële verslae tot sover terug as 2011 te ontleed, het Kakuti gesê.

“Om die kwytskelding goedgekeur te kry, is die regering se goedkeuring nodig. In dié verband het ons met Swapo se sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, in gesprek getree. Word dit goedgekeur, kan dit tot tussen 200 en 300 nuwe werksgeleenthede lei. Ons doen dit ook vir die myne se volhoubaarheid. Dit hang van die regering af of Namdeb 'n lewe gaan hê of nie,” het Kakuti gesê.

Namdeb se woordvoerder, me. Shangelao Ndadi, het intussen gesê die maatskappy is voortdurend in gesprek met sy aandeelhouers oor die myn se toekoms.

Volgens haar verwelkom Namdeb die vakbond se versoek.

“Namdeb is in ernstige gesprek met al sy rolspelers oor die toekoms van werksaamhede. Hoewel ons in die stadium nie op spesifieke besonderhede kommentaar kan lewer nie kan ons wel bevestig ons verwelkom enige positiewe ingryping om 'n lewensvatbare toekoms vir ons werksaamhede te skep en die werksgeleenthede te beskerm,” het Ndadi gesê.

Dit is nie die eerste keer wat versoeke vir belastingkwytskelding gerig is om Namdeb se werksaamhede 'n hupstoot te gee nie. Soortgelyke versoeke is in 2009 ná die wêreld- ekonomiese krisis gemaak toe Namdeb 600 werksgeleenthede afgeskaf het, asook in 2013.

Die ministerie van finansies se woordvoerder, mnr. Tonateni Shidhudhu, het nie op 'n e-pos gereageer wat op die unie se versoek gestuur is nie. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.74 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 416.54/OZ DOWN -0.004 | Copper US$ 5.06/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 3 140.50/T UP 0.36% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0139 | Platinum US$ 1 040.56/OZ DOWN -0.0089 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.74 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 416.54/OZ DOWN -0.004 | Copper US$ 5.06/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 3 140.50/T UP 0.36% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0139 | Platinum US$ 1 040.56/OZ DOWN -0.0089