Namcor wil vry van sekere wette wees
Die Nasionale Petroleumkorporasie se aansoek gaan oor onder meer die vasstel van pryse en die beperking of beheer van produksie, afsetpunte en marktoegang.
Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees van sekere voorvereistes van die kompetisiewet.
Die aansoek word gebring teen die agtergrond van die voorgestelde herinstelling van Namcor se mandaat om 50% van Namibië se petroleum in te voer.
Dít volg kort nadat die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, vroeër vandeesmaand ’n nuwe voorsitter vir die Namcor-raad aangestel het.
Volgens die aansoek wil Namcor vrygestel word van sekere bepalings in hoofstuk drie van die wet, wat handel oor die vasstel van pryse, die onderverdeling van markte en die beperking of beheer van produksie, afsetpunte, marktoegang, tegniese ontwikkeling of beleggings.
Ander wetvereistes waarvoor Namcor vryskelding vra, is die vereiste dat ongelyke toestande in ekwivalente transaksies geskep moet word, wat tot nadeel van sommige instellings se mededingendheid kan strek.
Die Kompetisiekommissie het in ‘n nuusverklaring gesê Namcor se mededingers en kliënte, asook ander belanghebbendes het van 4 Februarie af 30 dae tyd om enige navrae of geskrewe voorleggings aan hulle te maak.
Dit sal bydra tot die besluit of Namcor van die wette vrygestel kan word.
“Die kommissie wil dit duidelik stel dit is nie ons wat moet besluit of Namcor geregtig is op die herinstelling van die mandaat om 50% van Namibië se petroleum in te voer nie. Die mag om hieroor te besluit, berus by die minister van myne en energie.”
Die kommissie verduidelik verder hul taak is slegs om te beslis of uitsonderlike en dwingende omstandighede bestaan sodat vrystelling toegestaan kan word.
Vir dié besluit moet die kommissie onder meer in ag neem of Namcor onder meer hul uitvoere sal kan volhou of dit bevorder, klein ondernemings wat deur voorheen benadeeldes besit word, sal kan help om meer mededingend te raak, en tegniese of ekonomiese vooruitgang en stabiliteit te kan bevorder.
Die voorgestelde herinstelling van Namcor se mandaat om 50% van Namibië se petroleum in te voer, vorm deel van meer voorgestelde besluite wat na verwagting van krag sal raak.
Dit sal gedoen word in terme van die Wet op Petroleum en Energie van 1990 en meegaande regulasies.
Hierdeur sal die grootmaatlisensies van huidige invoerders van petroleumprodukte aangepas word in terme van die hoeveelhede wat hulle kan invoer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie