Namcor se Mulunga onder vergrootglas
Namcor se Mulunga onder vergrootglas

Namcor se Mulunga onder vergrootglas

'n "Volledige en deeglike" ondersoek moet gedoen word terwyl die besturende direkteur met verlof is.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die direksie van die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) het die ouditeursfirma Deloitte opdrag gegee om 'n volledige forensiese ondersoek na mnr. Immanuel Mulunga, Namcor se besturende direkteur, se beweerde wangedrag te doen.

Die ondersoek het gister ná ’n direksievergadering begin.

Dit was ook die begin van Mulunga se jaarlikse verlof. Die ondersoek sal gedoen word terwyl hy tot 20 Januarie 2018 met verlof is.

Mnr. Patrick Kauta, voorsitter van die raad, het gesê indien die ondersoek nie afgehandel is wanneer Mulunga terugkeer werk toe nie, sal die direksie weer vergader en oor die pad vorentoe besluit.

“Die raad sal egter teen 12 Januarie weet of nog tyd vir die ondersoek benodig word,” het Kauta gesê.

Mulunga word ondersoek weens die beweerde twyfelagtige aanstellings van ses tydelike personeellede.

Nog 'n saak wat ondersoek word, is die toekenning van 'n tender aan 'n Maleisiese maatskappy, Hyrax Oil, vir die verskaffing van smeermiddels aan die semistaatsorganisasie.

Mnr. Bonni Kandjoze, Namcor se uitvoerende beampte van inligting en kommunikasietegnologie, sal ook ondersoek word omdat hy Mulunga na Maleisië vergesel het - 'n reis wat deur Hyrax Oil geborg is.

Die Namibiese agent van die maatskappy, mnr. Alex Wayne, is boonop na bewering ’n vriend van Mulunga.

Kauta het tydens die dringende direksievergadering verduidelik vier van die tydelike personeellede se kontrakte verval aan die einde van die maand.

Hy het gesê die direksie het die menslike hulpbronnedepartement aangesê om die aanstelling van ses mense wie se indiensnemingskontrakte beëindig is ingevolge 'n besluit van 'n direksievergadering op 27 November, te oudit.

Kauta het gesê die direksie is bewus daarvan dat van die betrokke werknemers van voorneme is om regstappe weens hul ontslag te doen.

Hy het ook gesê die direksie het nie mnr. Leon Jooste, die minister van staatsondernemings, of mnr. Obeth Kandjoze, die minister van myne en energie, se toestemming verkry om Mulunga te skors nie.

Die direksie het die ministers slegs "geraadpleeg" soos vereis deur die maatskappy se riglyne.

"Die ondersoek beteken nie die bewerings is waar nie. Die ondersoek is slegs om te bepaal of dit waar is. Ons wil 'n volledige en deeglike ondersoek doen,” het Kauta uitdruklik gesê.

Hy het gesê Mulunga is bewus van die ondersoek.

"Dit is nie 'n onwettige ondersoek nie," het hy bygevoeg.

Die direksievergadering het ook Mulunga se besluit herroep om die bestuurder van die handelseenheid, mnr. Kosmos Damaseb, te skors.

Mulunga het Damaseb geskors omdat hy opdragte na bewering nie uitgevoer het om 'n projek by die Tsandi-diensstasie te voltooi nie.

Namcor sou die kleinhandelmark met behulp van dié projek kon binnedring met Teya Investment.

Me. Damcor Muruko, Namcor se uitvoerende hoof van korporatiewe bestuur, sal as besturende direkteur optree terwyl Mulunga met verlof is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.97/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0123 | Zinc US$ 2 876.50/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.79/BBP DOWN -0.0219 | Platinum US$ 946.94/OZ UP +1.30% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.97/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0123 | Zinc US$ 2 876.50/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.79/BBP DOWN -0.0219 | Platinum US$ 946.94/OZ UP +1.30%