Namcor adverteer tender vir smeermiddels
Catherine Sasman
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) het vroeër dié maand internasionale aansoekers uitgenooi om vir 'n winsgewende tender aansoek te doen.
Dít vir die lewering van smeermiddels vir vyf jaar.
Die sluitingsdatum vir tenderaansoeke is 9 Maart.
Die versoek is gerig te midde van die omstredenheid oor Namcor se besturende direkteur, mnr. Immanuel Mulunga, se betrokkenheid by die toekenning van 'n verskaffingstender aan 'n Maleisiese maatskappy, Hyrax Oil.
'n Forensiese ondersoek na hierdie en ander aangeleenthede word tans uitgevoer.
Namcor se woordvoerder, mnr. Utaara Hoveka, het by navraag gesê die kontrak met Hyrax Oil was “eenmalig”.
Die waarde van hierdie eenmalige verskaffing het N$2,2 miljoen beloop. Boonop oorvleuel die tender met die Hyrax-kontrak en die verlengde verskaffingskontrak met die Suid-Afrikaanse maatskappy Sasol Petroleum.
Hoveka wou nie sê wat die reëling met Sasol Petroleum is nie, behalwe om te erken dat die vyfjaartender met Sasol aan die einde van Junie verlede jaar ten einde geloop het, maar dat dit “steeds van krag is”.
“Namcor het 'n vertroulikheidsooreenkoms met Sasol. Daarom kan ons nie besonderhede hieroor verskaf nie,” het Hoveka Dinsdag gesê.
Hy kon ook nie sê wat die doel van die eenmalige kontrak met Hyrax Oil was indien Sasol Petroleum voortgaan om Namcor van smeermiddels te voorsien nie.
Die tender vir die verskaffing van smeermiddels is gesog en winsgewend, want Namcor verskaf dit aan motor-, vragmotor- en boothandelaars landswyd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie