NamCars oortree Wet op Mededinging
Ronelle Rademeyer - Die aanlyn-voertuigverkoper NamCars.net se ekslusiwiteitsbeleid wat die adverteerders van gebruikte voertuie verbied om hul voertuie ook op ander soortgelyke platforms te adverteer, is 'n oortreding van artikel 26 van die Wet op Mededinging.
Die Namibiese Mededingingskommissie (NCC) sê in 'n kennisgewing wat gister in koerante verskyn het, dié beslissing is op 22 Maart vanjaar gemaak nadat mnr. Petrus Andreas Fakkelyn Muller van CarsNamibia, wat op soortgelyke wyse sake doen, op 13 Maart 2013 'n klag teen NamCars ingedien het.
CarsNamibia het beswaar gemaak teen NamCars se beleid om voertuigverkopers wat deur middel van sy webtuiste adverteer, te verbied om ook met mededingende aanlynhandelaars sake te doen.
Die kommissie het toe op 16 Oktober 2013 'n kennisgewing op NamCars bedien en dié maatskappy ingelig dat hy sy voorwaardes vir adverteerders namens die aanlyn-voertuigverkopemark gaan ondersoek.
Die kommissie het tydens sy ondersoek bevind NamCars is 'n dominante onderneming wat sy oorheersende plek in die mark misbruik deur die beperkende beleid op adverteerders af te dwing.
"Hierdie beleid is skadelik vir medediging, want dit skep hindernisse vir toetrede en lei tot negatiwiteit aangesien NamCars se mededigingers nie toegang tot die mark kan kry nie," het die kommissie bevind.
Voorts is ook bevind die beleid dien as bepalings en voorwaardes ingevolge waarvan NamCars sy diens aan verkopers verskaf en die gevolg daarvan is dat dit marktoegang beperk.
Die beleid het ook die potensiaal om verbruikers te benadeel wanneer mededingers gedwing word om die mark te verlaat en NamCars dan sy pryse kan verhoog.
"Die kommissie beskou dit as 'n ernstige saak aangesien dit 'n ootreding van artikel 26 van die Wet op Medediging is. Handelaars en ander betrokke partye word dus gewaarsku om voortaan nie aan hierdie beleid van eksklusiwiteit gehoor te gee nie.
“Die kommissie behou hom die reg voor om regstappe te doen en seker te maak oortreders word beboet," lui die kennisgewing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie