NamBrew: Verlieskraantjie drup minder
NamBrew: Verlieskraantjie drup minder

NamBrew: Verlieskraantjie drup minder

Netto wins styg bykans 44%
Henriette Lamprecht
Jo-Maré Duddy - Vir die eerste keer in jare het NamBrew se probleemkind, die voormalige DHN Drinks, nie die bruis uit die plaaslike genoteerde groep se jaarresultate geneem nie.
Inteendeel, in Namibia Breweries Ltd (NBL) se resultate vir die jaar tot einde Junie 2016 wat Vrydag bekend gemaak is, sê NamBrew ’n gedeelte van die bepaalde verlies van N$1,6 miljard in dié verliesmakende vennootskap is herwinbaar. DHN was voorheen ’n medevennootskap (JV) tussen Diageo, Heineken en NBL in Suid-Afrika. In Julie verlede jaar het Diageo sy vennootskap met Heineken en NBL drie jaar vroeër as verwag ontbind en sy aandeel in DHN en die Sedibeng-brouery aan dié twee maatskappye beskikbaar gestel. Op 1 Oktober het NBL sy aandeel in DHN tot 25% verhoog en terselfdertyd ’n belang van 25% in Sedibeng bekom, ’n totale belegging van sowat N$593,7 miljoen. Die maatskappy wat uit die nuwe vennootskap met Heineken ontstaan het, staan as Heineken SA bekend.
In NamBrew se jongste resultate is ’n bedrag van sowat N$89,2 miljoen – uitgestelde belasting wat teruggeskryf is – as ekwiteitsinkomste uit die nuwe vennootskap ingesluit. Voorts beloop NBL se ekwiteitsverlies uit die vennootskap se voortgaande bedrywighede in die 2016-boekjaar net meer as N$38,7 miljoen – bykans N$85,7 miljoen of 69% minder as in die vorige boekjaar. Die ekwiteitsverlies uit die voortgaande bedrywighede van die nuwe vennootskap in sy eerste jaar is amper N$61,8 miljoen.
Die voormalige DHN-verlieskraantjie wat minder drup, het gehelp dat NamBrew se wins voor belasting in 2016 sowat 28,6% meer as in 2015 was. Vir die jongste boekjaar staan dit op nagenoeg N$508,1 miljoen. Ná belasting toon NBL ’n wins van bykans N$372,5 miljoen, ’n styging van sowat 43,8% teenoor 2015.
Bedryfswins vir die jaar onder oorsig – dus sonder die DHN-hupstoot – beloop bykans N$540,7 miljoen, sowat 6,7% meer as in 2015. Totale verkope vir 2016 was sowat N$17,8 miljoen of 0,76% minder as verlede jaar en het op ongeveer N$2,337 miljard te staan gekom. Dié daling is hoofsaaklik vanweë die migrasie van produksievolumes na Suid-Afrika. Tantième het met sowat 12% tot N$88,6 miljoen gestyg. NamBrew se totale omset vir die jaar was N$2,43 miljard, sowat 0,34% minder as in 2015.
Die DHN-inkomstehupstoot het NamBrew se verdienste per aandeel (EPS) vir die 2016-boekjaar met 43,8% tot 180,3c teenoor verlede jaar laat styg. Wesensverdienste per aandeel (HEPS) is egter 0,7% laer op 185,7c. ’n Finale dividend van 40c per aandeel is verklaar, wat NamBrew se totale dividend per gewone aandeel vir 2016 op 77c te staan bring. Verlede jaar was dit 71c.

Uitvoere
In sy kitsontleding van NamBrew se jongste resultate sê Jan-Hendrik Conradie, navorser by IJG Securities, die migrasie van produksievolumes na die Sedibeng-brouery in Suid-Afrika het NBL se uitvoerverkope na die buurland met 43,3% teenoor 2015 laat tuimel. In die 2016-boekjaar beloop dit bykans N$531,9 miljoen, amper N$406,5 miljoen minder as die vorige finansiële jaar.
As ’n persentasie van totale verkope het uitvoere na Suid-Afrika van 39,8% tot 20,7% geval. “Dit beteken die plaaslike mark is opnuut van groter belang vir die maatskappy uit ’n omset- en winsperspektief,” sê Conradie.
Plaaslik het verkoopvolumes die afgelope finansiële jaar met 6,7% gestyg danksy nuwe produkte wat bekend gestel is en die verkryging van Aquasplash van Namibia Dairies.
NamBrew sê uitvoervolumes van bier, Suid-Afrika uitgesluit, het die afgelope boekjaar met 5% afgeneem.
In Tanzanië is volumes vir die derde opeenvolgende jaar verdubbel en dié mark hou aan om verwagtinge te oortref, sê NBL. In Botswana is ’n aanvanklike daling deur nuwe verpakking en mededingende pryse gestuit. Mosambiek stel egter steeds teleur en Zambië bly vanweë ’n verswakking in die geldeenheid ’n uitdaging. China is ook steeds ’n kopseer.

Water
NBL-bestuur beskryf die maatskappy se resultate vir 2016 as “uitstekend” gegewe makro-ekonomiese uitdagings, volume­migrasie na Suid-Afrika en die uitwerking van wisselkoersskommelings.
Plaaslik sal die groep op diversifisering in ’n redelike versadigde mark fokus. In Suid-Afrika gaan die nuwe Heineken-­vennootskap ten volle ontsluit word om winsgewendheid op kort termyn te verseker.
Water sal na verwagting NamBrew se grootste uitdaging bly en sal die groep se strategiese keuses en beleggings in die volgende boekjaar beïnvloed, sê bestuur. Vier boorgate is plaaslik reeds gesink, terwyl die vyfde een onderweg is.
Volgens Conradie behoort NamBrew se waterherwinningsaanleg teen die einde van Oktober klaar te wees. Dit sal waterverbruik met 25% sny. Teen die einde van sy volgende boekjaar wil NBL in tussen 70% en 80% van sy waterbehoeftes self voorsien.
Conradie sê IJG is steeds bekommerd oor toenemende mededinging in die Namibiese mark, wat druk op winsmarges kan plaas en verkoopsvolumes kan verminder. Waterbeperkings in Windhoek bly ’n risiko en so ook verhoogde hefboomwerking uit die Sedibeng-transaksie. “Ons glo egter die (Sedibeng-) transaksie is tot die voordeel van die maatskappy in sy geheel, afhangende van verdere inligting.”
NamBrew is op die plaas­like indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) genoteer. Die groep het Vrydag op N$25,57 geëindig, dieselfde as die vorige week.

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 423.15/OZ UP +0.11% | Copper US$ 5.00/lb DOWN -0.0104 | Zinc US$ 3 143.00/T UP 3.07% | Brent Crude Oil US$ 84.23/BBP UP +0.20% | Platinum US$ 1 057.60/OZ DOWN -0.0255 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 423.15/OZ UP +0.11% | Copper US$ 5.00/lb DOWN -0.0104 | Zinc US$ 3 143.00/T UP 3.07% | Brent Crude Oil US$ 84.23/BBP UP +0.20% | Platinum US$ 1 057.60/OZ DOWN -0.0255