Nambala wys klas in Dubai
Atletiek vir gestremdes
Johannes Nambala en Ananias Shikongo, die land se twee medaljewenners van die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, het hul belofte gestand gedoen om Namibië op die Onafhanklikheidsnaweek met trots te verteenwoordig.
By die Paralimpiese Grand Prix-byeenkoms in Dubai het Nambala gisteraand sy 400 meter-wedloop in 49.01 sekonde gewen. Hy het gemaklik die oorhand gekry teen Mohamed Hamoumou van Egipte (50.43) en Abel Ciorap van Roemenië.
Op die eerste kompetisiedag Maandag het Ananias Shikongo, sy finaal van die 200 meter in ’n flink tyd van 23.5 sekonde gewen. Dit was Shikongo se eerste internasionale deelname met sy nuwe gidshardloper, Mahmad Bock. Geen medalje is egter aan Shikongo toegeken nie, omdat net twee hardlopers vir die wedloop opgedaag het.
Shikongo, die Paralimpiese kampioen van 2016, het nog sy deelname in die 100 meterwedloop oor.
Johannes Nambala het die eerste goue medalje vir sy land in die 200 meter beklink met sy wentyd van 22.08 sekondes.
Daar is vanjaar altesame nege Grand Prix-byeenkomste in Asië, Europa en Amerika, maar vir die Namibiërs sal Dubai waarskynlik hul enigste deelname wees.
Die Namibiese span is ook bestem om vanaf 14 tot 23 Julie aan die Paralimpiese wêreldkampioenskap in Londen deel te neem. - Nampa en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie