Nalatigheid lei glo tot baba se dood
Otis Finck op Walvisbaai - 'n Vrou wat in verband met die dood van haar vyf maande oue babaseuntjie in hegtenis geneem is, het Vrydag haar eerste verskyning in die Walvisbaai-landdroshof gemaak.
Die 29-jarige Natasha Hipose het voor landdros Rhivermo Williams op 'n klag van strafbare manslag verskyn en aangedui sy wil om regshulp aansoek doen. Williams het die saak tot 16 Mei uitgestel. Die staatsaanklaer, me. Tersia Hafeni, het aanvanklik 'n klag van moord ingedien wat saam met die bepalings van die Wet op Huishoudelike geweld van 2003 gelees moet word. Die klag is op advies van die beheeraanklaer, me. Faith Nyaungwa, na strafbare manslag verander.
Hafeni het die hof ingelig dat die staat borgtog teenstaan en versoek dat Hipose in aanhouding bly.
Adj.komm. Ottilie Kashuupulwa van die Namibiese polisie in die Erongostreek het die inhegtenisneming bevestig en gesê: “Volgens die beskuldigde, 'n veiligheidswag, het sy haar siek baba toegesluit in die kamer wat sy in Kuisebmond huur om daarna haar werkgewer toestemming te gaan vra om die kind hospitaal toe te vat. Sy het dit nie gedoen nie. Sy is om 06:00 weg by die huis en toe sy teen 18:00 terugkeer, het sy ontdek die kind is dood. Sy het dit by die polisie aangemeld.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie