Nakathila tref Hongaar met hamerslae
Die Legacy Part 2 boksaand by die Windhoek Buiteklub was weer 'n groot sukses vir die Namibiese vegters.
Andrew Poolman - Nog nooit tevore het hy 'n opponent vir sewe rondes aan soveel straf onderwerp nie, het Jeremiah Nakathila erken nadat hy Saterdagaand sy geveg teen Zoltán Kovacs van Hongarye van begin tot einde oorheers het.
Skeidsregter Deon Dwarte van Suid-Afrika het halfpad deur die agtste ronde besluit hy het genoeg gesien en het die geveg beëindig, wat 'n tegniese uitklophou in die guns van die Namibiese vegter beteken.
Nakathila het hiermee die Wêreldboksorganisasie (WBO) se “globale” superveergewigtitel verower en behoort sy huidige derde posisie op die WBO se wêreldranglys verder te konsolideer, óf te verbeter.
Hy behoort dus binne die afsienbare toekoms sy kans te kry om die onoorwonne Masayuki Ito (17-0) van Japan om sy WBO wêreldgordel uit te daag.
Die arme Kovacs is reeds in die eerste ronde platgeslaan en was daarna pal in die moeilikheid. Soms het hy vorentoe probeer storm met houesarsies van sy eie, maar hy het nooit die krag gehad om Nakathila van sy varsheid te ontneem nie.
Die vierde ronde was spesifiek een waar 'n mens moeilik kon verklaar hoedat die Europeër dit reggekry het om nie platgeslaan te word nie. Kovacs het deurgaans sy gesig beskerm, wat Nakathila al die tyd en inisiatief gegee het om sy volle krag agter sy lyfhoue of bomme na die kop te gooi.
Met sy linkeroog aan die toeswel en bloed in sy mond, het die manmoedige Hongaar eers in die agtste ronde weer op sy sitvlak beland. Hoewel hy daarop aangedring het om voort te veg, het die skeidsregter kort daarna die geveg stopgesit.
Waarnemers reken dat die Hongaar se hoekhelpers vroeër tot hul man se redding kon gekom het. Dit was ooglopend dat Kovacs nie by die Namibiër sou verby kom in sy strewe om die volgende trap in die sport te klim nie en 'n mens kan reken dat die straf wat hy Saterdagaand verduur het, sy loopbaan met 'n paar jaar kan verkort.
Skeidsregter Dwarte kan ook nie werklik kwalik geneem word dat sy ingryping eers in daardie stadium gekom het nie. Hy moes immers die reisende bokser uit Hongarye 'n regverdige kans gee om dalk 'n haas uit die hoed te pluk – met 'n moontlike wêreldtitelgeveg wat vir die wenner wink.
“Ek het vroeg gesien dat hy nie 'n sterk slaner is nie en ek kon dus my tyd neem vir die regte oomblik om toe te slaan. Ek het aangehou en geweet dit is net 'n kwessie van tyd voordat hy besgee, of voordat ek hom uitslaan,” het Nakathila agterna in die kryt gesê.
Hy het beklemtoon hy is gereed vir die grootste verhoog. “Hierdie is maar net 'n sein aan die res van die gewigsklas – ek is op pad. Ek los dit in die hande van my promotor Nestor Tobias om die volgende stap te reël.”
Tobias sê die video van die geveg sal aan die WBO gestuur word en die beheerliggaam sal kennis neem van Nakathila se klas.
“Hy het gewys hy het die hart van 'n vegter – net soos die Hongaar wat ook lof verdien om soveel geweldige houe te kan vat en steeds op sy voete te bly totdat die skeidsregter besluit dis genoeg. Maar Nakathila is die een wat op pad boontoe is. Let's go, champ!”
Dit was Nakathila se 18de oorwinning as beroepsbokser en sy sewende op 'n streep sedert sy enigste nederlaag, toe hy in 2016 in Moskou met punte teen Evgeny Chuprakov verloor het.
SHONENA HOU AFRIKA-TITEL
Die weltergewig Mike Shonena het sy WBO Afrika-gordel behou toe hy 'n dapper Shadrack Ignas van Tanzanië tot oorgawe gedwing het.
Die besoeker was baie goed gekondisioneer en het 'n vasberade veglustigheid uitgestraal, wat hy ook met goeie kombinasies laat tel het. Shonena het nie sy voete gebruik nie en het bloot vorentoe gestap – maar wanneer hy getref het, het die krag agter sy houe die Tanzaniër se kop 'n paar maal laat ruk.
Ignas het tot die vierde ronde uitgehou, voordat hy moes erken dat hy nie vir verdere straf kans sien nie.
Shonena (14-0), afkomstig van Eenhana, bly onoorwonne en het sy Afrika-gordel nou vir die derde keer suksesvol verdedig.
• Die bestemde hoofvoorgeveg is enkele ure vooraf gekanselleer, toe Jacob Manganga van Tanzanië op grond van sy mediese uitslae onttrek is. Hy sou teen die Namibiese middelgewig Walter Kautondokwa (The Executioner) geboks het.
HARRY BLY OP WENPAD
Die Namibiese nasionale titel is die eerste agter die naam van Harry Simon Junior, wat sy landgenoot Festus Matias van Ondangwa in die eerste ronde oorweldig het.
Matias het sy bes probeer om Simon vroeg onder druk te plaas, maar die Walvisbaaier het met sy steekhou die afstand tussen die boksers verskuif soos hy dit wou hê, voordat hy Matias dronk geslaan het. Matias het in pyn in 'n krythoek gaan sit en die geveg was verby skaars twee-en-'n-half minute ná die eerste klok.
Die jeugdige Simon is sover nog net babakos gevoer op pad na sy skoon beroepsrekord van agt oorwinnings (ses uitklophoue). Die krytaankondiger se verwelkoming dat hy 'n toekomstige insluiting in boks se eresaal is, bly dus nog grootliks onbewys, maar spreek van die soort verwagtinge wat van die voormalige wêreldkampioen Harry Simon se seun verwag word.
Saterdag se ander uitslae:
Middelgewig: Paulinus Paulus (NAM) van Oshikuku slaan Limbani Masamba (Malawi) binne een-en-'n-half minuut van die eerste ronde twee keer plat en skeidsregter Ricky Tshabalala besluit dis genoeg. Tegniese uitklophou vir Paulus, wat onoorwonne bly in agt gevegte.
Superkapokgewig: Johannes Niikoti van Swakopmund wen op twee uit drie beoordelaars se telkaarte (57-56, 56-57, 58-56) teen Timoteus Shuulula van Walvisbaai.
Weltergewig: Emmanuel Mungandjela van Oshakti wen met 'n tegniese uitklophou in die vierde ronde teen Chikondi Makawa van Tanzanië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie