Nakathila speel klaar met Dlomo

Die ontluikende Namibiese vegter het 2018 met drie uit drie uitklopoorwinnings in die beroepskryt afgesluit.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Jeremiah Nakathila se derde oorwinning in 2018 Vrydagaand het hom op koers gehou om in die nuwe jaar groter uitdagings te takel.

Die Namibiër het sy superveergewig Afrika-titel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) behou toe hy die Suid-Afrikaner Prince Dlomo in die negende ronde uitgeslaan het.

Voor etlike honderde toeskouers in die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad het Nakathila sy deel gedoen om die hoofvoorgeveg van Kalakoda Promosies se aand op te helder.

Nakathila, bekend op die vegnaam Low Key, was in geen stadium in wesenlike gevaar nie, maar kon vir lang tye ook nie ten volle sy gesag op die lig gerekende Suid-Afrikaner afdwing nie, wie se rekord nou op 'n beskeie tien gewen en agt verloor staan.

Nakathila sal gewis nie op dié geveg terugkyk as een van sy beste vertonings nie. Hiervoor het hy gans te veel houe mis geslaan teen 'n opponent wat met vernuftige kopbewegings en skouerrolle die angel uit die besoeker se krag gehaal het.

Nakathila het die tempo van die geveg gedikteer, hoewel hy in die eerste vyf rondes min houe van werklike betekenis kon plant. Die ontwykende Dlomo het hom boonop min ruimte gelaat om sy aanvalsteiken meer na die lyf te verskuif.

Die geveg het in die sesde ronde lewe gekry toe Dlomo met 'n haakhou teen die kop vloer toe gestuur is.

Hy het voor die skeidsregter se agt-telling weer op sy voete gekom, maar teen Nakathila se volgende houesarsie het die Suid-Afrikaner se knieë weer geknak in die laaste sekondes van die ronde, voordat hy regop gekom het en na sy hoek toe kon beweeg.

Dlomo het algaande herstel en het die volgende twee rondes weer houe met die Namibiër uitgeruil.

Die einde het egter in die laaste helfte van die negende ronde gekom. 'n Reguitregter het Dlomo laat terugsteier en op sy agterstewe laat beland. Hy het dapper opgestaan voor die agt-telling, maar 'n venynige lyfhou het hom in pyn laat ineensak en hy het bly lê lank nadat hy uitgetel is.

Dlomo kon vooraf nie die superveergewigklas se gewigsperk (58.97 kg) haal nie, toe hy op 60.40 kg ingeweeg het teenoor Nakathila se 58.72 kg. Die Suid-Afrikaner, 'n laat plaasvervanger vir sy landgenoot Toto Helebe, sou gevolglik nie in aanmerking kom om die Namibiër van sy WBO Afrika-titel te ontneem nie.



JAPANNER OP HORISON

Die oorwinning was Nakathila se 17de in 18 gevegte. Hy het gedurende 2018 ook uitklopseges teen die vurige Ghanees Patrick Okine en Wilson Masamba van Malawi behaal.

Nakathila se promotor, Nestor Tobias, het verlede week aan 'n internasionale bokswebblad gesê hulle het hul oog op die Japanner Masayuki Ito se WBO-wêreldtitel.

Ito (25 gewen, een verloor, een gelykop) het op Oujaarsaand in Tokio die onoorwonne Evgeny Chuprakov van Rusland in die sewende ronde met 'n tegniese uitklophou verslaan, toe laasgenoemde se hoekhelpers die handdoek ingegooi het.

Dit was die einste Chuprakov wat in 2016 in Moskou die enigste nederlaag (ietwat omstrede, met punte) op Nakathila se rekord geplaas het. Teen die langer en kragtiger Japanner kon Chuprakov egter nie veel regkry nie.

Benewens Ito (WBO) word die superveergewigklas se ander betekenisvolle “wêreldtitels” deur Gervonta Davis van Amerika (WBA), Miguel Berchelt van Mexiko (WBC) en Tevin Farmer (VSA, IBF) gehou.



NDAFOLUMA

Nog boksnuus is dat die Namibiese middelgewig Lukas Ndafoluma bestem is om op 25 Januarie in Kaapstad te boks. Die aankondiging is deur die promotor Steve Kalakoda gedoen, hoewel die naam van die opponent nog nie bekend gemaak is nie.

Ndafoluma (13 gewen, een verloor teen sy landgenoot Pohamba Mandume) is die houer van die WBF interkontinentale titel. Hy het tevore ook die IBO Afrika-titel gehou.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%