Nakathila soek geregtigheid van WBO
Boks
Die Wêreldboksorganisasie (WBO) se nr. 2 in die superveergewigklas, Jeremiah Nakathila, hoop al ’n geruime tyd om ’n verpligte aanspraakmaker sy kans op ’n wêreldtitelgeveg te kry, maar sy geduld word moontlik weer beproef.
Die Namibiese vuisvegter en sy span was laas Sondag geskok om op die internet te verneem van die aankondiging deur die WBO dat Shakur Stevenson die volgende verpligte uitdager vir sy superveergewig-wêreldkampioen Jamel Herring is.
Die onoorwonne Stevenson het ’n paar dae gelede sy WBO-veergewigkroon ontruim, omdat hy dit moeilik vind om sy gewig tot 126 pond te beperk. ’n Regulasie van dié wêreldbeheerliggaam bepaal dat heersende WBO-wêreldkampioene die reg het om na ’n nuwe gewigsklas te beweeg en outomaties die titelhouer mag uitdaag.
Die probleem is dat Nakathila (19-1, 15 uitklophoue) as houer van die WBO “globale” titel op 130 pond (58.97 kg) juis onlangs presies dieselfde situasie moes deurmaak toe die eertydse WBO-veergewigkampioen, Oscar Valdez, besluit het om na superveergewig op te beweeg. Valdez, wat later besluit het om sy visier na die WBC-titel in sy nuwe klas te verskuif, is steeds die WBO se nommer 1-aanspraakmaker op sy nuutste ranglys.
Die Namibiër bevind hom reeds sedert begin 2019 op nommer 2. Sedertdien het nie minder nie as drie name voor hom op nommer 1 verander – eers Lamont Roach Junior, toe Valdez en nou Stevenson.
“Dit is wat dit is, maar dis waarlik nie regverdig teenoor Nakathila wat die laaste paar jaar op sy WBO-titelkans wag nie,” het Nakathila se promotor, Nestor Tobias, aan BoxingScene.com gesê.
“Ja, ons begryp dat kampioene wat opskuif verpligte uitdagers moet word, maar ons het dit aanvaar toe Valdez opgeskuif het, wat nou op nommer 1 is, en nou is dit Stevenson en ons moet wéér vir hom plek maak.
“Eintlik is dit demotiverend en ons hoop die WBO sal dit soos ons insien en reg aan Nakathila laat geskied, want as hierdie tendens voortduur, sal hy nooit om die titel kan veg nie, want elke nuwe kampioen sal eers ’n titelverdediging teen ’n opponent van sy keuse kan doen, daarna teen die verpligte aanspraakmaker en dit plaas jou vir amper twee jaar op die waglys, wat ’n bitter lang tyd is.”
Tobias probeer nou die WBO oortuig om krediet te gee aan sy vegter wat die afgelope vier jaar in nege titelgevegte onder die WBO-vaandel in aksie was.
“Ons het ’n puik verhouding met die WBO en hulle was nog altyd baie billik teenoor ons vegters, want hulle weet ons bring vegters van gehalte na die onderhandelingstafel. Ons het aan die WBO geskryf om hierdie situasie te oorweeg en wag nou op ’n antwoord van hulle. “
Die heersende kampioen Herring (21-2, 10 uitklophoue), wat net soos Stevenson en Valdez vir Top Rank as promotors het, het positief vir coronavirus getoets en moes dus vroeër die week sy vrywillige wêreldtitelverdediging teen Jonathan Oquendo vir die tweede keer uitstel.
Wanneer Herring sal kan terugkeer, is nog onduidelik en hang grootliks af van sy volle herstel van die virus.
Tobias, wat tevore reeds verskeie boksers na professionele wêreldtitels geneem het, is deeglik bewus hoe moeilik dit kan wees om geregtigheid te laat geskied vir ’n piepklein Afrika-land in ’n sportsoort wat deur kragtige miljard-dollar-promosiemaatskappye aangedryf word.
“Die WBO was nog altyd goed vir ons, maar ons kan nie weghardloop van die feit dat enige beheerliggaam voorkeurbehandeling sal verleen aan promotors met veel groter sakke nie, en dit is ’n feit in die algemeen.
“Die belangrikste kriteria om ’n vegter as wêreldgehalte te klassifiseer, sluit dus toegang tot TV-regte in, want dit is waar die geld vandaan kom.
“Nakathila voldoen aan alle kriteria, hy het van die beste in die afdeling geveg, hy het teenstanders en kontinentale kampioene geveg, en die hartseer feit is dat ons nie massiewe TV-regte het nie en nie met groot promotors soos Top Rank en dies meer kan meeding nie. maar ons lewer goeie vegters wat nooit teleurstel nie.”
Die WBO het sy ranglys laas op 8 Maart opgedateer en dit kan verander sodra die graderingskomitee kan vergader na aanleiding van die voortslepende pandemie. Team Nakathila hoop om dan positiewe nuus van die beheerorganisasie te ontvang.
- Boxingscene.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie