Nakathila onverpoos op WBO-kampioen se spoor
Boks
Tielman van Lill
Jeremiah Nakathila (vegnaam Low Key) uit die stal van die MTC Nestor Sunshine-boksakademie, is deur die Wêreldboksorganisasie (WBO) vanaf nommer vyf op sy ranglys tot die derde aanspraakmaker op die wêreldkroon, gehou deur Masayuki Ito van Japan, bevorder.
Nakathila wat sedert 9 September 2017 vier keer in die kryt geklim het om sy WBO Afrika-superveergewigtitel (58.97 kg) suksesvol te verdedig, het nog net een beroepsgeveg verloor.
Dit was toe hy op 18 November teen Evgeny Chuprakov in Ekaterinburg, Rusland, vir die vakante interkontinentale WBO superveergewigtitel deur die toue geklim het. Low Key se rekord het sedertdien tot 16 oorwinnings, met 12 uitklophoue (71%), aangegroei.
Die nommer twee voor die Namibiese vuurvreter op die WBO-wêreldranglys is die 33-jarige Mexikaan Francisco Vargas (25 gevegte, 1 verloor en 2 gelykop) wat al 18 uitklophoue geplant het.
Die einste Chuprakov wat vir Nakathila geklop het, is die eerste aanspraakmaker op Masayuki Ito se wêreldgordel. Chuprakov (28 jaar) is op 1.65 m soms tot 10 cm korter as sy teenstanders, maar spog met ’n gesonde onoorwonne rekord van 20 gevegte waarvan hy 50 persent met uitklophoue beklink het.
Nakathila het op 9 September en 2 Desember verlede jaar in Windhoek onderskeidelik teen Said Chino (Tanzanië) en Sibusiso Zingange (Suid-Afrika) met tegniese uitklophoue gewen. Op 20 Maart vanjaar het hy by Ramatex vir Patrick Okine uit die kryt geslaan en met ’n bloeiende kopwond wou die Ghanees nie verder boks nie en is die tegniese uitklophou aan die Namibiër toegeken.
Sy laaste oorwinning was in Swakopmund by The Dome op 3 Augustus teen Wilson Masamba van Malawi – sy vierde opponent op ’n streep wat voortydig tot oorgawe gedwing is – om sy WBO Afrika-superveergewigtitel suksesvol te beskerm.
Ná Nakathila se laaste oorwinning by die kus teen die hoog gerekende Masamba, is hy gereed om hom vir die internasionale verhoog voor te berei.
“Ek kan voel ek raak sterker en ’n slimmer bokser namate ek ondervinding opdoen. Die MTC Nestor Sunshine-boksakademie is soos ’n familie vir my en ek geniet dit om elke dag te oefen.
“Ek is ’n toegewyde bokser en gefokus op my loopbaan. By die gimnasium is ek omring deur van die beste vegters wat my help en ek kan nie vir ’n beter plek in my loopbaan gevra het nie.
“Ek is tans die nommer 3 aanspraakmaker op die wêreldtitel en ek weet met elke oorwinning kom die nommer 1 posisie vir my nader. Ek wil die hele MTC Sunshine-span en my ondersteuners vir hul ongelooflike ondersteuning bedank,” het die kampioen ingenome gesê.
Nestor Tobias, gesoute vegknoper en promotor van Nakathila, reken sy bokser behoort reeds volgende jaar sy kans op ’n wêreldtitelgeveg af te dwing.
“Low Key is ’n ster wat wag om te begin skitter, want hy het krag, spoed en sy hart sit op die regte plek. Sy huidige posisie op die WBO se wêreldranglys is ’n seën en ek kan julle verseker dat hy in 2019 die geleentheid gaan kry om die wêreldkampioen vir sy titel uit te daag.
“Ek twyfel geensins aan sy vermoëns nie. Masayuki het maar in Julie eers die vakante wêreldtitel gewen en hy sal dit binne die volgende paar maande teen Chuprakov moet verdedig, wat natuurlik Nakathila se kanse sal verbeter. Met my ondervinding weet ek hy gaan ons volgende wêreldkampioen word,” het Tobias afgesluit.
Die 27-jarige Masayuki Ito (24 oorwinnings, 1 verloor, 1 gelykop) het op 28 Julie vanjaar in die Kissimmee-sentrum, Florida, vir Christopher Diaz (23) van Puerto Rico met ’n eenparige puntebeslissing geklop om die vakante WBO superveergewig wêreldtitel te verower.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie