Nakathila gou terug in kryt

Die ambisieuse Namibiër takel ’n Zimbabwiër wat reeds ’n Afrika-gordel verower het.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Jeremiah Nakathila (Low Key), Namibië se “globale” junior liggewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie (WBO), gaan op 23 November in Windhoek teen Peter Pambeni (Sniper) van Zimbabwe deur die toue klim.

Nakathila word tans as die derde beste junior liggewig op die gesaghebbende WBO-wêreldranglys gereken. Die Namibiër plaas sy WBO-titel in die 59 kg gewigsklas teen die gevaarlike Pambeni op die spel.

Nakatila met ’n getuigskrif van 19 gevegte (1 verloor) en ’n uitkloprekord van 73 persent, het in April vanjaar die gesogte vakante titel teen Zoltan Kovacs by die Windhoek Buiteklub ingepalm. Hy het die 26-jarige Hongaar (30 gevegte, 6 verloor, 1 gelykop) van vroeg af oorheers totdat hy hom in die agtste ronde met ’n tegniese uitklophou tot oorgawe gedwing het.

Nakathila was sedert 6 Augustus 2016 die onbetwiste WBO Afrika-titelhouer.

Die 30-jarige Pambeni (23 gevegte, 3 verloor, 3 gelykop) het in Augustus die WBO Afrika-liggewigtitel teen Albinius Felesianu (Danny Boy) in Windhoek met punte oor tien rondes gewen.

Pambeni is ’n baie ervare bokser wat nog nie teen ’n Namibiër aan die verloorkant was nie en sal graag sy skoon rekord in sy laaste tien gevegte wil voortsit.

Nakathila se motivering lê daarin dat ’n oorwinning teen Pambeni hopelik genoeg druk op die WBO sal plaas om vir hom ’n wêreldtitelgeveg aan te bied.

Nestor Tobias, voorsitter van die MTC Nestor Sunshine-boksakademie, sê ’n positiewe uitslag en goeie vertoning kan die bokser se lewe verander.

“Dit gaan nog ’n harde geveg vir Nakathila wees, maar ons het vertroue in sy vermoë en glo hy kan die wêreld wys dat hy onder die bestes in sy gewigsklas tel. Hy het ’n tydjie gelede vir Kovacs in ’n goeie geveg oorskadu en gaan al weer ’n titelhouer die stryd aansê.

“Ons is ernstig met die gehalte van opponente teen wie hy boks, om sy werklike waarde te toon,” het Tobias vertel.

Die promotor sê die res van die aand se gevegte sal binnekort aangekondig word.

MERORO VEG IN RANDBURG

Vikapita Meroro (Beast Master) gaan Sondag by die Blairgowrie-ontspanningsentrum in Randburg, Suid-Afrika, teen Akani Phuzi (Prime) vir agt rondes die handskoene aantrek, berig Ron Jackson vir fightnews.com.

Die 25-jarige Phuzi (9 uit 9 gewen) van Malamulele in die Limpopo-provinsie, veg uit die Alan Toweel-stal in Lyndon.

Phuzi het sy professionele debuut op 11 Junie 2017 gemaak. In sy sesde geldgeveg het hy die junior swaargewig Afrika-titel van die Wêreldboksvereniging (WBA) oor 12 rondes met punte by Youssouf Kasonga Mwanza van die Demokratiese Republiek van die Kongo beklink.

Phuzi het vroeër vanjaar teen Wilbeforce Shihepo (Namibië) ’n naelskraapse puntebeslissing oorleef om sy titel te behou. In Meroro kry Phuzi ’n 34-jarige veteraan ontdek wat volgens sommiges lankal sy handskoene moes opgehang het.

Meroro het 14 jaar gelede sy buiging as ’n uiters belowende gelgbokser gemaak en aanvanklik ’n goeie rekord opgebou om as WBO Afrika-ligswaarkampioen bekroon te word. Maar sy huidige statistiek (36 gevegte, 7 verloor) spreek van ’n bokser wie se beste dae agter die rug is.

Hy het wel sy laaste geveg in November 2018 met punte oor agt rondes teen die papperige Mussa Ajibu van Malawi (28 gevegte, 14 verloor, 5 gelykop) beklink. Hy was egter die afgelope elf maande onaktief in die kryt en al is Phuzi nie die hardste slaner in die bedryf nie, gaan hy steeds vir Meroro al sy dae in die kryt besorg.

Voor sy ontmoeting met Ajibu is hy in drie gevegte deur Dmitri Kudriashof van Rusland (uitgeslaan in 6de ronde), Kevin Lerena van Suid-Afrika (tegniese uitklophou) en Maksim Wlasof van Rusland (uitgeslaan in eerste ronde) verneder.

Veral tydens die geveg teen Lerena het Meroro waarnemers geskok met sy onfikse toestand en lusteloosheid, totdat hy in die vyfde ronde beduie het dat hy genoeg gehad het. Agterna het die promotors selfs geweier om sy prysgeld uit te betaal.

Hoewel Meroro onlangs weer ’n geveg in Nigerië vasgeknoop gehad het, het dit op die laaste oomblik deur die mat geval. Meroro het vooraf daarop aangedring dat hy onder nuwe afrigterskap weer fiks en gereed is om te baklei.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%