Najib probeer Maleisiërs uit Noord-Korea kry
Nadat harde woorde tussen Noord-Korea en Maleisië geval het, het die Maleisiese eerste minister sy gesindheid effens versag.
Maleisië se eerste minister, Najib Razak, het gister 'n sagter toon met Noord-Korea ingeslaan, 'n dag nadat hy die land van die sluipmoord op die vervreemde halfbroer van Kim Jong Un beskuldig het en gesê het Maleisiërs word “gyselaar” in Noord-Korea gehou.
Die Maleisiese polisie het agt Noord-Koreane geïdentifiseer wat hulle in verband met die moord op Kim Jong Nam op Kuala Lumpur se internasionale lughawe op 13 Februarie wil ondervra. Drie van hulle skuil in die Noord-Koreaanse ambassade.
In 'n poging om die veiligheid van sy diplomate en burgers te verseker, het Noord-Korea Dinsdag Maleisiërs belet om die land te verlaat totdat die saak “behoorlik opgelos is”.
Najib het die stap as 'n “gruwelike daad” verwerp en 'n wederkerige verbod ingestel. Hy het ook vir die eerste keer Noord-Korea regstreeks van die moord op Kim Jong Nam beskuldig, wat volgens Maleisiese polisie dood is nadat 'n supertoksiese senu-gif, VX, deur twee vroue aan sy gesig gesmeer is.
Met die prioriteit nou om te verseker dat elf Maleisiërs wat in Noord-Korea vasgekeer is se veiligheid verseker word, het Najib gister meer versoenend geklink toe hy die parlement toegespreek het. Hy het gesê daar is geen planne om diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande te beëindig nie.
"Ons is 'n land wat hulle vriendelik gesind is,” het Najib gesê nadat hy die versekering gegee het dat die drie personeellede van die Maleisiese ambassade, hul ses familielede en twee ander Maleisiërs in Noord-Korea veilig is. -Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie