Nagte lank op die spore van die voorvaders
Dit kom glo met die ouderdom.
Dié ding dat ’n mens opeens na jou wortels begin grawe.
Dalk omdat ’n ou Chinese gesegde dit wil hê dat “to forget one’s ancestors is to be a brook without a source, a tree without a root”. En dalk omdat ’n mens dié waarheid eers later in jou lewe snap.
Ewenwel, voor ’n onlangse werkverwante reis na Europa – met ’n oorstaandag in Frankfurt – onthou ek my man se Rademeyer-stamvoorsaat was van Weeze in Duitsland afkomstig.
Dié wis ek ook net omdat ons ’n paar jaar gelede tydens ’n gesinsvakansie in die Oos-Vrystaat in ’n snuffelwinkel op Ficksburg ’n plakkaat met die Rademeyer-stamboom daarop raakgesnuffel het: “Jacobus Coenraad Rademeyer van Weeze in Duitsland het in 1751 as soldaat met die skip Schakenbosch in Tafelbaai aangekom.”
Dalk moet ek as ek in Frankfurt is die trein na Weeze vat, en ek google: “How far is Weeze from Frankfurt”.
Die een soektog lei na die ander en toe ek my kom kry, is ek bekeer tot die genealogie. Want hoe meer ek oor Weeze en die Rademeyers uit stamdokumente op die internet uitvind, hoe gretiger begin snuffel ek na my eie voorsate.
Ek onthou genoeg van biologie in st. 10 om te weet al is ek ’n gebore Pretorius, die Petoors-bloed maar 12,5% van my genetiese bloudruk uitmaak. Ek het immers agt oupa- en oumagrootjies gehad.
Benewens my Pretorius-voorsate, moet ek dus ook my Taljaardt-, Von Maltitz-, Haasbroek-, Venter-, Van Schalkwyk-, White- en Dique-bloedlyne navors om te weet hoe my genomiese boublokke soos die stukke van ’n Lego-model in mekaar pas.
Drie of wat maande, en etlike nagte later, is ek kwartpad klaar gebou aan my voorvaderlike “Lego’s”.
Op 1 April 1666, presies 14 jaar ná Jan van Riebeeck, het Johannes Pretorius as ’n soldaat in diens van die V.O.C. op die Nuijtssenburgh in die Kaap aangekom.
Sy koms is wel deur ’n ligte familieskande voorafgegaan. Johannes, sien, is geskors uit die universiteit van Leiden waar hy vir predikant studeer het, omdat hy aan studenteprotes deelgeneem het.
Vir sy pa, ds. Wessel Pretorius van die Hervormde-gemeente in Ouddorp op die Suid-Hollandse eiland Goerree Overflakkee, was dit ’n klad op die familienaam.
As soldaat sou die jonge Johannes hopelik gedwing word om meer stigtelik en betaamlik te leef.
Nou, 350 jaar later, bestaan dié gemeente steeds en word daar nog elke Sondag dienste gehou. In die gemeenterekords is heelwat inligting oor ds. Wessel Pretorius opgeteken.
Só, byvoorbeeld, het hy vir Johannes, sy en oerouma Josyntgen Claesdochter se eersgeborene, op 26 Oktober 1642 in dié kerk gedoop. Dit was op dieselfde dag as wat die kerk ’n nuwe klok ingewy het omdat die vorige klok tydens die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) gesteel is om wapentuig van te maak.
Meteens is dié oorlog nie meer droë geskiedenis en die memorisering van datums op die vooraand van ’n geskiedenis-vraestel op skool nie. Sover, en so onlangs, as 18 generasies gelede had ek ’n direkte belang by dié oorlog.
Dit is wat genealogie doen. Dit dompel jou deur middel van jou voorsate pens en pootjies in die geskiedenis.
Soos met oeroupa Johann Conrad von Maltitz, wat sewe generasies gelede op 10 November 1793 naby Wiesbaden gebore is en later vir Napoleon in Spanje gaan veg het.
Sy ma (Maria Magdalene von Schauff) is met sy geboorte dood en toe hy vyf jaar oud was, sterf sy pa (lt.kol. Wilhelm Karl Ludwig von Maltitz) ook.
Sy tante Amalie, vrou van baron Carl von Maltitz, neem hom aan, maar teen die ouderdom van 11 jaar is hy weer wees. Hy beland toe in die sorg van sy kleurryke oom Friedrich Wilhelm von Maltitz, ’n ridder en goeie vriend van die hertog van Nassau.
Die jong Johann volg ’n militêre loopbaan en word op 31 Junie 1811 opgeroep om in die 2de regiment van Nassau onder Napoleon in Spanje te gaan veg.
Lang storie kort: Die Engelse neem hom by Madrid gevange en toe haar majesteit sien sy het manskappe nodig om na die Oos-Kaap te stuur, werf sy vrywillgers onder haar Duitse oorlogsgevangenes. Só beland my Von Maltitz-voorsaat toe aan die suidpunt van Afrika.
Maar ja, na alles is dit dalk soos Joshua Ferris in To Rise Again at a Decent Hour skryf: “I had never thought much of genealogy. A lot of wasted time collecting the names of the dead.
“Then stringing those names, like skulls upon a wire, into an entirely private and thus irrelevant narrative; lacking any historical significance. The narcissistic pastime of nostalgic bores."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie