Nagklubgangers gyselaar gehou
Nagklubgangers gyselaar gehou

Nagklubgangers gyselaar gehou

'n Taxibestuurder het glo op 'n passasier geskiet wat uit die taxi gespring het sonder om te betaal.
Francoise Steynberg
Die polisie is Sondag omstreeks 05:00 na die Vibe-nagklub na die suidelike nywerheidsgebied in Windhoek ontbied nadat mense in die gebou gyselaar gehou is.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag was die verdagte glo gegrief toe hy vroeër uit die nagklub gegooi is.

“Hy het die bestuur met 'n vuurwapen aangehou en drie skote afgevuur. Die polisie het ingetree en die verdagte ontwapen en in hegtenis geneem,” lui die verslag.

“Beslag is gelê op 'n gelaaide haelgeweer en 17 patrone, asook drie leë patroondoppies. Niemand is beseer nie en die ondersoek duur voort.”

'n Klag van poging tot moord is teen 'n 40-jarige taxibestuurder van Walvisbaai aanhangig gemaak toe hy 'n 29-jarige passasier Saterdag omstreeks 11:15 glo in die skouer geskiet het.

Die taxibestuurder het twee passasiers opgelaai. Toe hy stadiger by die verkeerslig in Nathanial Maxuililostraat in Walvisbaai gery het, het een passasier glo uitgespring en weggehardloop sonder om te betaal. “Die taxibestuurder het sy 29-jarige passasier gejaag en in die regterskouer geskiet. Die slagoffer is in die Walvisbaaise staatshospitaal opgeneem en is in 'n stabiele toestand,” sê die polisie. Die taxibestuurder is in hegtenis geneem en beslag is op sy vuurwapen gelê.



CHINESE BEROOF

By Witvlei in die Omahekestreek is twee Chinese mans (onderskeidelik 50 en 29 jaar oud) glo Vrydag omstreeks 11:30 op die plaas Rooigrond beroof.

“Die twee Chinese het met 'n Toyota Legend-dubbelkajuitbakkie na die plaas gery om die werkers van hul houtskoolbedryf te betaal. Hulle het gestop om die plaashek oop te maak toe vier onbekende verdagtes hulle glo oorval, met hul vuiste aangerand en met toue vasgebind het,” lui die misdaadverslag.

Die verdagtes was glo met 'n pistool gewapen en het die twee Chinese van N$200 700, die voertuig en 'n 160 liter-drom petrol beroof. Die totale waarde van die gesteelde goedere word op N$502 700 beraam en is nog nie teruggevind nie. Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Nóg 'n gewapende rooftog het Saterdag om 02:58 in Istanbulstraat in Otjomuise in die hoofstad plaasgevind. Dit word beweer dat onbekende mans by 'n huis ingegaan het en die huisbewoner met 'n pistool aangehou en van 'n selfoon en TV beroof het. Die waarde van die gesteelde goedere is onbekend en is nog nie teruggevind nie. Niemand is in hegtenis geneem nie.

'n Vrou (33) is Saterdag omstreeks 04:00 glo deur 'n 25-jarige man op Oshivello in die Oshikotostreek verkrag. Dit word beweer dat die man in haar kamer ingegaan het terwyl sy geslaap het en haar verkrag het. Die slagoffer was glo onder die invloed van alkohol. Die man is in hegtenis geneem en sou Maandag in die landdroshof op Tsumeb verskyn.

Op Keetmanshoop het 'n 20-jarige vrou Vrydag 'n klag van verkragting aanhangig gemaak nadat sy glo verlede Woensdag omstreeks 02:00 by die Groenliggies-kroeg verkrag is.

“Dit word besweer dat 'n verdagte die slagoffer met 'n mes gedreig het en haar by die nuutgeboude leë huise by die !Homs Ai-mark in Tseiblaagte verkrag het. Die verdagte is onbekend en nog nie in hegtenis geneem nie.

Op Aroab is 'n 24-jarige man Vrydag omstreeks 18:00 met drie Mandrax-tablette en twee ballies suiwer dagga in hegtenis geneem. Hy sou Maandag in die landdroshof op Keetmanshoop op klagte van die besit van dagga en handel in Madrax verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 410.09/OZ UP +1.35% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.47% | Zinc US$ 3 047.50/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.03/BBP UP +0.30% | Platinum US$ 1 080.75/OZ UP +1.80% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 410.09/OZ UP +1.35% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.47% | Zinc US$ 3 047.50/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.03/BBP UP +0.30% | Platinum US$ 1 080.75/OZ UP +1.80%