Naellopers mag paar dae rus
Atletiek
Bietjie meer as een week van herstel en voorbereiding voor hul volgende kompetisie lê vir Christine Mboma en Beatrice Masilingi voor ná hul oorwinnings in afsonderlike byeenkomste van Wêreldatletiek se kontinentale silwerreeks die naweek.
Nadat Mboma Saterdagaand in Madrid haar 200-wedloop in 22.79 sekondes gewen het, het Masilingi gister in die Poolse stad Chorzow in haar 400-wedloop (49.88) ook eerste oor die eindstreep geseil.
“Alles het volgens plan verloop. Dit was net 'n warm dag hier en ons moes maar daarby aanpas,” het Masilingi gister ná haar wedloop gesê.
Hul huidige Europese toer is die twee 18-jarige Namibiese naelloopsensasies se eerste werklike internasionale blootstelling buite die Afrika-vasteland.
In hul onlangse Europese debuut het Mboma en Masilingi in Tsjeggië se hoofstad Praag eerste en derde in 'n 200-wedloop klaargemaak.
Die twee is bestem om op Dinsdag en Woensdag 29 en 30 Junie weer aan byeenkomste in Oostenryk en Pole deel te neem.
FOTO’s verskaf
Jong meisies in Chorzow, Pole, stoei om Beatrice Masilingi te ontmoet en haar handtekening te kry.
Beatrice Masilingi op die oefenbaan in Pole saam met Isaac Makwala, wat die mans 400-wedloop gewen het. Hy is die 2018 Statebondkampioen en tweemalige Afrika-kampioen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie