NAC gee 8% verhoging
Augetto Graig - Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het Donderdag aangekondig dat onderhandelinge met die staatswerkersvakbond Napwu voltooi is en op ''n verhoging van 8% vir NAC-werkers as beloning vir die 2016-’17-boekjaar ooreengekom is.
Die onderhandelingsproses is op 13 Oktober voltooi, maar die ooreenkoms is eers Donderdag by die NAC se hoofkwartiere in Windhoek onderteken.
NAC se hoof uitvoerende beampte, mnr. Tamer El-Kallawi, het namens die NAC die ooreenkoms onderteken, en mnr. Mateus Ndashikeya namens Napwu.
El-Kallawi was verheug oor die suksesvolle onderhandelinge en het gesê: “Ek is verheug dat die loonooreenkoms vandag onderteken is as ''n bewys van NAC se verbintenis tot ons werkers. Hulle bly die sleutel van ons bedryf en vandag se geleentheid sê baie van ons goeie verhouding. Ons prys die werkers en hul vakbond vir hul volwassenheid gedurende die onderhandelingsproses.”
Ndeshikeya het op sy beurt lede van die vakbond aangeraai om gefokus te bly. “Die (ooreenkoms) getuig van die erns aan beide kante en ek doen dus ''n beroep op ons lede om op prestasie-gefokus te bly. Ons moet altyd goeie standaarde en gedrag handhaaf.”
Die ooreengekome aanpassings is van vanaf 1 April 2016 van krag en sal werknemers regoor die bedingingseenheid baat. Vir die 2017-’18-boekjaar sal onderhandelinge fokus op salarisverhogings en voordelehersiening van hul mediese fonds, behuising, vervoervoordele en die totale koste na die maatskappy se vergoedingsmetode, volgens die NAC-woordvoerder, mnr. Dan Kamati.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie