Nabta pleit by padgebruikers
Nabta pleit by padgebruikers

Nabta pleit by padgebruikers

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Tydens die bekendmaking van die langafstand-kontroleboek vir passasiers op openbare paaie het die president van die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta), mnr. Vespa Muunda, sy ontsteltenis uitgespreek oor die sterftesyfer op openbare paaie.
Muunda het na 'n onlangse gru-ongeluk verwys waarin mense onherkenbaar verbrand het.
Volgens hom wil Nabta 'n beroep op beamptes in die verskillende streke doen om betrokke te raak by die stryd teen ongelukke op ­openbare paaie.
Sedert 2002 pleit Nabta by raadslede om paaie te beveilig, en hulle glo die onverantwoordelikheid op paaie sal tot 'n einde kom, het Muunda gesê.
Hy het versoek dat drywers wat mense op openbare paaie vervoer, verantwoordelik moet optree.
Kontrole sal gedoen word veral waar bussies passasiers oplaai, en inligting sal aan die Namibiese polisie verskaf word sodat hulle 'n databasis kan opbou.
Muunda het ook gevra dat kerke vir veiligheid op die paaie moet bid.
Die adjunk-kommissaris in die ­ministerie van arbeid, ­nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, me. Tuuliki ­Muafufya-Shikongo, het gesê drywers en bestuurders moet ophou om mekaar met flikkerligte teen verkeersbeamptes te waarsku.
“Verander jul gedrag en help ander opvoed. Wees 'n verantwoordelike bestuurder om die lewe van ander te spaar,” het sy gepleit.

Kommentaar

Republikein 2025-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer