Naam van helikopter-slagoffer bekend
Francoise Steynberg - Die slagoffer van die helikopterongeluk Woensdag by Moltkeblick in die Auasberge, se identiteit is deur die polisie bekend gemaak.
Die woordvoerder van die polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het gister bevestig dat mnr. Erastus Tobias (30) die slagoffer is nadat sy naasbestaandes van sy dood ingelig is.
Volgens die oorledene se enigste broer, mnr. Hanyeko Tobias, was hy in Windhoek woonagtig en het hy vyf jaar by die maatskappy, Professional Communication Systems (PCS), gewerk.
" Hy was hy nie getroud nie, maar sy meisie is swanger," het die broer gister aan Republikein gesê. Tobias word ook deur sy moeder oorleef.
" Hy was 'n baie goeie, wetsgehoorsame man."
Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.
Een van die insittendes en oorlewende, mnr. Theunis Loots, is gistermiddag aan sy arm in die Lady Pohamba private hospitaal in Kleine Kuppe geopereer, het sy vrou, Selma, gister aan Republikein gesê. Hy het tydens die ongeluk sy been en arm gebreek.
Die ander insittende van die MD 500-helikopter, mnr. Johannes Augustus, is ernstig beseer en die vlieënier, mnr. Abe van der Merwe is ongedeerd en het die ongeluk vanaf die toneel aangemeld. Die helikoper behoort aan Van der Merwe en mnr. Avelino Ferreira.
Dit is die tweede keer in minder as twee weke wat 'n helikopter by Moltkeblick neergestort het. In die vorige voorval het die vryskut-vlieënier, mnr. Lambert Roux (44), die lewe gelaat
Volgens mnr. Magnus Abraham, hoofondersoekbeampte van die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, moet die voorlopige ongelukverslag eers deur die minister van werke en vervoer onderteken word voor dit bekend gestel sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie