Naaldwerkprojek bemagtig vroue
Tanja Bause - Ses vroue van Otjomuise in die hoofstad sal vir die volgende twee maande opleiding vir basiese en gevorderde naaldwerk ontvang.
Dié kennis sal hulle bemagtig om hul eie naaldwerkbesighede te begin en sodoende ’n inkomste vir hulself en hul families te skep.
Die opleiding is moontlik gemaak deur die Debmarine-Namdeb-stigting, wat vyf industriële naaldwerkmasjiene aan die Orange Babies Otjomuise geskenk het.
“Die vroue sal ook ’n basiese besigheidskursus voltooi om hulle te help om hul produkte te bemark en te verkoop. Dit sal hulle in staat stel om ’n inkomste te verdien en sodoende hul families te ondersteun en hulle lewensomstandighede verbeter. Orange Babies en die Debmarine-Namdeb-stigting se doelwit met dié projek is om vroue in ons gemeenskap toe te rus en te bemagtig,” het me. Elricia Beukes van Orange Babies gesê.
Die Debmarine-Namdeb-stigting het vir Piekfyn Sewing Machines genader om nie net die naaldwerkmasjiene te verskaf nie, maar ook ander plaaslike naaldwerkprodukte soos gare, skêre en materiaal.
Mnr. René du Toit van Piekfyn Sewing Machines het opleiding vir me. Hertha Shivute in die gebruik van die naaldwerkmasjiene gegee, sodat sy die vroue van die Orange Babies Otjomuise-naaldwerkprojek kan oplei.
Ná die voltooiing van dié ses vroue se opleiding sal die volgende ses opleiding ontvang. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie