N$6,3 miljard vir Covid-steun aan Afrika
Europa en Afrika vat hande om nasies ná die pandemie op die herstelpad te plaas.
Die Europese Beleggingsbank (EIB), die leningstak van die Europese Unie (EU) en die Afrika- Uitvoer- en Invoerbank (Afreximbank), die vasteland se voorste multilaterale handelsfinansieringsinstansie, het N$6,3 miljard (€300 miljoen) ter ondersteuning van die lewensvatbaarheid en herstel van Afrikanasies in reaksie op die Covid-19-pandemie bewillig.
Dié twee banke het verlede week 'n gesamentlike verklaring hieroor uitgereik.
Die geld sal verseker dat sakeondernemings oraloor die vasteland werkende kapitaal het om werksgeleenthede te handhaaf en noodsaaklike invoere te verseker.
Minstens 'n kwart van die geld is geoormerk om die gevolge van klimaatsverandering en meegaande aanpassings te vergemaklik en Afrika te help om geleenthede te benut wat uit die sogenaamde groen herstel spruit.
Die ondersteuningspakket is die eerste versnelde Covid-19-reaksie vir die hele sub-Sahara-streek involge die EIB se Span Europa-inisiatief.
Die bystand is in twee dele gestruktureer.
Die pakket herontplooi N$4,176 miljard (€200 miljoen), wat voorheen aan handelsverwante beleggings gekoppel was, na spesifieke sektore wat die swaarste deur die pandemie geteister is.
Uit erkenning vir die dringende noodsaaklikheid vir hulp het Afreximbank en die EIB 'n verdere N$2,088 miljard (€100 miljoen) bygevoeg.
Die geld kan onmiddellik beskikbaar gestel word; iets wat nie ingevolge 'n nuwe ooreenkoms moontlik sou gewees het nie.
Die Covid-19-pandemie het 'n geweldige negatiewe impak op Afrika-ekonomieë gehad.
Vervaardiging is onder meer geknou deur onderbrekings in globale voorsieningsnetwerke.
'n Gedeelte van die Afreximbank en EIB se ondersteuningspakket sal oorgrenshandel in mediese voorrade en -toerusting teiken wat noodsaaklik is om die pandemie te bekamp.
Hierbenewens voorsien die pakket finansiering vir langtermynbeleggings om handel uit te brei.
Ingevolge die pakket sal deelnemende ledestate van die Afreximbank voordeel trek. Van dié lande is 46 deel van die Contonou-ooreenkoms in sub-Sahara-Afrika.
Twee fokusgebiede is vroue en die groen revolusie. Gevolglik sal 'n gedeelte van die pakket sakeondernemings teiken wat deur vroue besit of bestuur word.
Minstens 25% van die geld is geoormerk vir groen projekte soos herwinbare energie, energiedoeltreffendheid en maatreëls om by klimaatsverandering aan te pas. Geld word ook beskikbaar gestel om sekere fabrieke om te skakel om persoonlik beskermende toerusting en ander Covid-19-verwante materiaal te vervaardig.
“As kontinentale bure moet Europa en Afrika saamstaan teen die globale pandemie. Die geld wat bewillig is, word verwelkom – nie net omdat dit in antwoord op 'n kritieke nood is nie, maar omdat dit met dringendheid ontplooi word,” het prof. Benedict Oramah, president van Afreximbank, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie