N$6 000 op die spel
Nee, dis nie déjà vu nie.
Môre draf dieselfde twee provinsiale spanne net meer as sewe maande later vir die tweede keer teen mekaar uit in die eindstryd van die Carling Black Label Curriebeker.
Op 30 Januarie vanjaar, ook op Loftus, het die Blou Bulle die 2020/2021 Curriebeker-trofee eers ná bykomende tyd omhoog gelig. Die eindtelling: Bulle 26 Sharks 19.
Kan die Bulle dit twee keer in ’n ry doen? In een jaar.
’n Hele N$6 000 is op die spel in Republikein se laaste rugbyraai vir vanjaar. Kyk hoe in die foto en laat waai met jou SMS’e.
Rod April van Windhoek was – ook die tweede keer in ’n ry – die wenner van verlede week se N$1 000.
Uit vyf inskrywings wat vir die prysgeld gekwalifiseer het, was hy die enigste wat 100% in die kol was met sy voorspelling van die semifinaal-oorwinning van 28-24 vir die Sharks.
(SMS-lyn slegs aktief in Namibië.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie