N$6 000 gaan Suide toe
N$6 000 gaan Suide toe

N$6 000 gaan Suide toe

Dani Booysen
“Oeee! Baie dankie!”

Dit was verlede week die reaksie van Eduard Thomas, ‘n Keetmanshoper, op die nuus dat hy N$6 000 se kontant losgeslaan het in Republikein se rugbyraai waarin deelnemers die telling in die eindstryd van die Carling Black Label Curriebekertoernooi moes voorspel.

Die Blou Bulle het die Sharks ‘n loesing van 44-10 toegedien.

Thomas is ‘n gereelde deelnemer, maar was nog nie vanjaar aan die wenkant nie. Die prys sal volgens hom beslis help om ‘n paar gate toe te stop.

Hy was een van net twee persone wat in die kol was met die Bulle se telling. Thomas het geskat die Haaie sou darem 23 punte aanteken. Hoewel hy met meer as vyf punte van die verloorspan se telling verskil het, het Republikein egter besluit om steeds die prys toe te ken.

Die naaswenner was ‘n ander bekende rugbyraaier. Rod April se raaiskoot was 44-31.

Kommentaar

Republikein 2025-08-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer