N$5 000 wag in Curriebeker se finaal
N$5 000 wag in Curriebeker se finaal

N$5 000 wag in Curriebeker se finaal

Dani Booysen
Ná drie oorwinnings vir besoekende spanne in die Carling Curriebeker die afgelope naweek staan verlede week se kontantprys van N$1 000 in ons rugbyraai opnuut oor na die eindstryd.

Prysgeld vir die laaste veldslag van die seisoen groei hiermee aan tot N$5 000 – sover.

In die afgelope naweek se nuutste uitslae het die Sharks tuis met 27-37 teen die Tafel Lager Griekwas vasgeval; WP moes die knie met 13-34 teen die Bulle buig en die Pumas het in hul wegwedstryd naelskraap 'n knoop van 36-33 in die Lions se stert gemaak.

Die Bulle is tans eerste op die punteleer, gevolg deur die Sharks, Griekwas en Pumas. Die semifinale is vir 4 September geskeduleer, met die eindstryd 'n week later.

Kyk in die kassie hoe om die week se N$1 000 te wen. SMS-lyn slegs aktief in Namibië.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer