N$40 000-beloning vir inligting oor Agra-diewe
Agra het 'n beloning van N$40 000 uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van die dief of diewe wat verlede Maandag in die vroeë oggendure by sy tak op Maltahöhe ingebreek en N$400 000 uit die kluis gesteel het.
Die polisie sê in 'n verklaring die inbraak het tussen 03:00 en 04:00 plaasgevind. Die oortreder(s) het toegang deur die dakplate verkry nadat dit met skerp voorwerpe oopgebreek is.
Daarna het hulle 'n snymasjien gebruik om toegang tot die kluis te kry en die kontant daarin te steel. Hulle het daarna in 'n motor wat gereed gestaan het, geklim en op die vlug geslaan.
Mense met inligting oor die voorval, kan adj.komm Eric Clay van die polisie in die Hardapstreek by 081 129 8473 bel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie