N$3,2 miljoen uit Samaritaan-beursies rol vir veevoer

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Terwyl die nood onder boere dwarsoor die land by die dag vererger en bemarkingsdruk op veilings en abattoirs toeneem, dra die Namibiese gemeenskap ruim by tot fondse wat boere met veevoer bystaan.

Die Dare to Care-rampfonds van die Namibië Landbou-unie en die Namibië Opkomende Kommersiële Boere-unie (Necfu) staan tans op N$2,2 miljoen. Die mikpunt is om teen die einde van Maart N$10 miljoen in te samel.

Volgens die NLU is hy reeds in staat om meer as 40 000 sakke veevoer daarmee te subsidieer.

“Daar is besluit dat die implementering van subsidies vroeg in April sal afskop terwyl nog bydraes intussen van alle sektore in die ekonomie gewerf word. Die reëls vir hierdie subsidiëringskema sal ook binnekort bekend gemaak word,” sê mnr. Roelie Venter, die uitvoerende bestuurder.

Die Kalahari-Oos-boerevereniging het intussen ’n bedrag van N$50 000 geskenk en daag ander boereverenigngs in die land uit om op hierdie bedrag te verbeter.

Die Droogtehulpfonds van Namibië Boere op Facebook het ook reeds N$1 miljoen ingesamel en kon 293 boere met 12 480 bale lusern en 481 sakke veevoer help, sê me. Henriëtte le Grange, die koördineerder.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A