N$30 miljoen dringend nodig om rooisprinkane te beveg

Minister Calle Schlettwein sê die verspreiding van die rooisprinkaan in die Zambezistreek raak intens en dat dit dringend beveg moet word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Sowat N$30 miljoen se benodighede word “sonder oponthoud” vir die bestryding van die Afrika rooitreksprinkaan in die Zambezistreek benodig.

Dit, om te keer dat dié pes dalk na die res van Namibië versprei.

Dit volg nadat rooisprinkane sedert 12 Augustus reeds 4 002 km2 in die Zambezistreek binnegedring het en al sowat 500 ha se weiding vernietig het.

Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het die Donderdag (24 September) in die parlement gesê die Zambezistreek ervaar tans sy tweede uitbreking van dié gevreesde sprinkaan.

Rooisprinkane het die eerste keer in Februarie vanjaar ook hier uitgebreek.

Volgens Schlettwein is die rooisprinkaan intussen op 12 Augustus in die Zambezistreek in 19 gebiede opgemerk, wat insluit Muzi, Namiyundu, Ivilivizi, Lusese, Ihaha, Nakabolelwa, Masikili en Malindi.

“As die grootte van die streek in ag geneem word, benodig ons dringend meer hulpbronne in die vorm van arbeid, toerusting, voertuie en persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) om die uitbreking die hoof te bied,” het Schlettwein gesê.

Hy sê die rooi treksprinkaan het reeds Namibië se noordelike en noordoostelike buurlande soos Botswana, Zambië en Zimbabwe geraak.

“Sommige van hierdie lande maak van lugbespuitingsmetodes gebruik, wat veroorsaak dat die sprinkane na ander lande migreer. Ons behoort om die rede ook van lugbespuiting gebruik te maak om die pes doeltreffend te kan bestry en ons bestaande bestrydingsmetodes te rugsteun.

“Dit is nodig omdat die verspreiding van die pes intens raak en om te voorkom dat dit na ander dele van die land versprei,” het hy gesê.

Hy het gesê bykomende bestrydingbenodighede behoort sonder oponthoud beskikbaar gestel te word.

Die volgende hulpbronne word dringend benodig:

· 15 spuite op voertuie

· 35 misspuite

· Vier enkelkajuitmotors en agt dubbelkajuitmotors om personeel en toerusting te vervoer

· 760 l Deltamethrin-insekdoder

· PPE’s, wat uit 10 noodhulpkissies, 1 500 PPE’s en kamptoerusting vir 40 persone bestaan

Die ministerie het reeds spuitspanne met altesaam 35 lede ontplooi om die sprinkane te beveg, terwyl ses motors, 14 misspuite en nog vier voertuie met spuittoestelle agterop ook gestuur is om die pes te beveg. Die ministerie het ook sowat 4 175 liter insekdoder bewillig om die uitbreking te beveg.

Republikein het in Junie berig dat ’n swerm rooisprinkane ook op plase in die Grootfontein-omgewing, digby die grens van die Okavangostreek by die Mururani-hek, toegesak het. In dieselfde week is groot swerms bruinsprinkane ook in die Kavango-Oosstreek opgemerk.

Toe het dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA gesê soveel sprinkaanplae kan 'n fiasko vir Namibië beteken.

Intussen het die ministerie reeds steun van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), die African Development Bank (AfDB), asook die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) ontvang.

Sprinkaanplae is bekend daarvoor dat dit groot verwoesting in weivelde en onder gewasse veroorsaak omdat die insekte gras, koring en mielies vreet.

In 'n insek-kaleidoskoop deur Mieliestronk.com word beide die rooi- en bruinsprinkaan as die twee tipe treksprinkane uitgewys wat bekend daarvoor is dat dit erge verwoesting in Suider-Afrika kan saai. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!