N$3 milj. vir Ya Toivo se begrafnis gevra
Só 'n geleentheid van nasionale belang is duur en verantwoording sal gedoen word van elke sent, verseker die regering.
Catherine Sasman - Die sekretaris van die kabinet, mnr. George Simataa, het N$3 miljoen van die tesourie gevra vir die heldebegrafnis van wyle mnr. Andimba Toivo ya Toivo wat Saterdag by die Heldeakker buite Windhoek plaasvind.
Simataa het op 13 Junie in ‘n brief aan me. Ericah Shafudah, permanente sekretaris van die ministerie van finansies, geskryf dat pres. Hage Geingob ‘n heldebegrafnis aan die ikoon van die vryheidstryd, mnr. Ya Toivo, toegestaan het en dat hy in die lig daarvan N$3 miljoen vir die Heldeakker-bankrekening versoek.
Van hierdie bedrag, het hy geskryf, sal N$600 000 gebruik word om die bedrag wat op hierdie bankrekening oortrokke is, “aan te vul”.
By navraag het Simataa gister (21 Junie) gesê die organisering van die heldebegrafnis is ‘n “reuse nasionale aangeleentheid wat nie min geld kos nie”.
Hy het gesê dit verg groot uitgawes vir verversings, tente, vervoer – per land en lug – begrafnisondernemingsdienste, uitsaaikoste vir radio en televisie, sowel as die verblyf van plaaslike en soms internasionale roubeklaers, veral die naasbestaandes van die oorledene.
Die begrafnisreëlings word deur ‘n nasionale voorbereidende komitee gekoördineer. Dít bestaan uit die meeste permanente sekretarisse en lede van streeks- en plaaslike owerhede. Die voorsitter van die komitee is die sekretaris van die kabinet.
Dit sluit ook in sub-komitees verantwoordelik vir vervoer en logistiek, veiligheid en sekuriteit, spysenieringsdienste, finansies, en so meer. Elk van hierdie sub-komitees het ‘n begroting wat deur die nasionale komitee goedgekeur word, het Simataa gesê.
Hy het bygevoeg dat die aankope van goedere en dienste vir sulke aangeleenthede binne die raamwerk van die land se verkrygingswette en –beleid gedoen word.
Simataa het sy ongelukkigheid uitgespreek oor die feit dat sy brief aan Shafudah aan die media uitgelek is aangesien dit interne staatskommunikasie is.
“Hoewel dit op ‘n klandestiene manier bekom is, wil ek die versekering gee dat die beginsels van goeie staatsbestuur van toepassing is op die bestuur van hierdie belangrike nasionale geleenthede, soos in alle sake van ons regering. Die uitgawes van hierdie geleenthede word elke jaar deur die ouditeur-generaal geoudit.
“Hoewel ek jou gelukwens (commend) vir jou misplaaste nuuskierigheid in aangeleenthede van nasionale belang, stel ek voor dat jy die kantoor van die ouditeur-generaal nader om finansiële state te kry rakende geld wat in die verlede op soortgelyke geleenthede bestee is,” het Simataa gesê.
Hy het geen antwoord op ‘n vraag oor die N$600 000 oortrokke rekening verskaf nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie