N$25 miljoen-boete vir handel in beheerde wild
N$25 miljoen-boete vir handel in beheerde wild

N$25 miljoen-boete vir handel in beheerde wild

Die minister het wysigings aan die Wet op Beheerde Wildprodukte en Handel gemotiveer.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die boete vir die onwettige handel in beheerde wild gaan van die huidige N$200 000 tot N$25 miljoen verhoog word en tronkstraf gaan van 20 tot 25 jaar verhoog.

Die boete vir die onwettige besit van beheerde wildprodukte sal van N$20 000 tot N$15 miljoen verhoog en tronkstraf van vyf tot 15 jaar.

Voorts sal boetes aan oortreders wat nie die regulasies rakende die besit en verkoop van wild nakom nie, van N$8 000 tot N$100 000 verhoog en tronkstraf van twee tot tien jaar.

Dié ingrypende verhogings in boetes en strawwe is op 30 Maart deur die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, in die Nasionale Vergadering (NV) aangekondig toe hy wysigings aan die Wet op Beheerde Wildprodukte en Handel Nr. 9 van 2008 gemotiveer het.

“Die wetsontwerp stel ook voor dat enige buitelandse burger wat hieraan skuldig bevind word, as persona non grata verklaar word ná hy sy vonnis uitgedien het of boete betaal het,” het Shifeta gesê.

Hy het bygevoeg: “In die meeste gevalle is buitelandse burgers betrokke by misdaad verwant aan die besit of handel in olifant- en renosterprodukte.”

Shifeta sê die wetsontwerp poog ook om algemene strawwe volgens die Strafproseswysigingswet van 2010 te verhoog.

Hy sê die huidige strawwe vir die besit van en handel in wildprodukte is nie voldoende as afskrikmiddel nie, veral as in ag geneem word dat buitelandse meesterbreine, wat maklik hul boetes kan betaal, by dié misdaad betrokke is.

“Georganiseerde misdaadsindikate is betrokke by die onwettige handel in renosterhoring en olifanttande en gebruik baie ingewikkelde netwerke na buitelandse markte," het Shifeta gesê.

Volgens hom is daar in 2016 beslag op 135 heel olifanttande en stukke ivoor gelê, asook op 35 renosterhorings. Vanjaar is beslag op 21 olifanttande en vier renosterhorings gelê.

“Net vanjaar is Namibië by Suid-Afrika en Hongkong in twee gevalle van beslaglegging op renosterhorings betrek,” het die minister gesê.

“Soos aangedui deur my motivering in Februarie van die wysiging van die Natuurbewaringsordonnansie Nr. 4 van 1975 in die NV, bevorder die huidige vlakke van die onwettige handel in wild en wildsmokkelary korrupsie. Dit versterk onwettige handelsroetes en destabiliseer ons ekonomieë,” het Shifeta gesê.

Hy het vir dié wysigings­ aan die natuurbewaringsordonnansie ge­sê dat die boete vir die onwettige jag van olifante en renosters van die huidige N$200 000 tot N$25 miljoen verhoog moet word en tronkstraf van 20 tot 25 jaar.

Die boetes vir ander gespesifiseerde beskermde spesies word van N$20 000 tot N$10 miljoen verhoog en tronkstraf van vyf tot tien jaar. Die boetes vir alle beskermde spesies word van N$4 000 tot N$500 000 verhoog en tronkstraf van vier tot vyf jaar. Boetes vir die onwettige jag van alle ander spesies word van N$2 000 tot N$500 000 verhoog en tronkstraf van twee tot vyf jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A