N$18 miljoen vir opknap van Windhoekse hoërhof
Die ministerie van justisie het N$18 miljoen uitgesit vir die voltooiing van opknappingswerk aan die hoërhof in Windhoek wat in die 2015/16 finansiële jaar gestaak is omdat die kontrak beëindig is.
Volgens die minister mnr. Sacky Shanghala is die kontrak met die vorige kontrakteur sonder regsimplikasies weens verskeie foute en vertragings opgeskort.
Geld wat in die 2015/16 finansiële jaar aan die projek toegeken is, is na ander opknapprojekte dwarsoor die land gekanaliseer vir die oprigting van opslaanhofstrukture op Ondangwa, Otjiwarongo, Rundu, Grootfontein, Outjo en Hentiesbaai.
Volgens Shanghala het die ministerie ‘n nuwe kontrakteur aangewys wat 1 Julie met die opknappingswerk sal begin. Dit sal na verwagting vir tien maande duur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie