N$18 miljoen nodig vir Tsumeb se paaie
Swaar reënval in die Tsumeb-omgewing het skade aan paaie aangerig en die munisipaliteit kort miljoene om dit te herstel.
Die munisipaliteit van Tsumeb het sowat N$18 miljoen nodig om beskadigde paaie in die dorp te herstel ná swaar reën.
Die ingenieur van die dorp, mnr. Manuel Pedro, het Maandag in 'n onderhoud met Nampa gesê materiale soos gruis en teer moet aangekoop word om padnetwerke te herstel en paaie op te gradeer.
"Ons het geld nodig om die sigbare beskadigde gedeeltes op ons teerpaaie te vul en te herstel, en ons het hulpbronne nodig om die grondpaaie te skraap,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg die meeste ekonomiese aktiwiteite in en om die dorp het 'n behoorlike padnetwerk nodig om te kan funksioneer. Dit sluit nywerheids-, mynbou- en boerderyaktiwiteite in.
Ongeveer 11,5 km teerpad en 3,2 km grondpad moet herstel word.
Volgens Pedro was dit hoofsaaklik die reën wat vanaf Desember tot Maart in die omgewing geval het wat die skade aangerig het.
"Die werksmag vir die herstel van paaie word intern verkry aangesien munisipale werkers die afgelope jare die padherstelwerk gedoen het," het Pedro gesê.
Tsumeb se burgemeester, mnr. Mathews Hangula, het intussen aan Nampa gesê die skade aan paaie is vanjaar veel erger in vergelyking met vorige jare.
Hy het gesê die munisipaliteit sal sy bes doen om die finansiering te bekom wat insluit om die Padfondsadministrasie (RFA) te nader en om 'n voorstel vir padfinansiering in te dien. As dié voorstel goedgekeur word, kan daardie geld saam met dié van die munisipaliteit se inkomstestrome gevoeg word.
INWONERS VAN ENDOMBO
Die munisipaliteit het Maandag sy plan bekend gemaak om 'n groot erf te ontwikkel vir inwoners van Endombo wat uitgesit is omdat hulle na bewering nie huur betaal het nie.
Endombo is noordwes van Tsumeb geleë en het byna 3 000 inwoners.
Hangula het in 'n onderhoud met Nampa gesê die munisipaliteit het verlede week 'n erf naby die Benfica-sokkerveld geïdentifiseer waarheen die inwoners voor einde vanjaar verskuif sal word.
Hy het gesê die uitspraak van die hoërhof is in Desember 2020 gelewer nadat sommige inwoners nie hul huurverpligtinge sedert 2017 nagekom het nie.
Hy het gesê die munisipaliteit beplan om altesaam 46 residensiële erwe in die Benfica-omgewing beskikbaar te stel, benewens die 300 erwe wat reeds by Uitbreiding 8 bedien is.
Die erwe sal aan inwoners verkoop word náadat raadslede van die plaaslike owerheid beraadgeslaag het oor die prys per vierkante meter vir elke erf. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie