N$10 miljoen vir onwettige jag
Die natuurbewaring-wetsontwerp is sonder enige wysigings gister (Maandag) in die Nasionale Raad goedgekeur.
Die wetsontwerp verseker die toepassing van 'n maksimum boete van N$10 miljoen vir die onwettige jag van spesiaal-beskermde spesies.
Dit voorsien 'n deeglike administratiewe, wetlike en prosedurele raamwerk vir toerismekonsessies in beskermde gebiede en ander staatsgrond, die beheer van die invoer en uitvoer van lewende wild en die verhoging van strawwe vir wildmisdaad.
Tans is die huidige boete vir die onwettige jag van wild net N$20 000 en/of tronkstraf van vyf tot tien jaar.
Die wetsontwerp vervang die huidige Natuurbewaringsordonnansie Nr. 4 van 1975 wat nie die minister van die omgewing en toerisme toelaat om toerismekonsessies in beskermde gebiede of staatsgrond toe te ken nie. Die ou ordonnansie maak ook nie voorsiening vir die minister om die invoer of uitvoer van lewende wild te reguleer nie.
Die wetsontwerp sal na die Nasionale Vergadering terugverwys word voordat dit na pres. Hage Geingob vir ondertekening gestuur word. Daarna sal dit as 'n wet in die Staatskoerant gepubliseer word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie