'n Vrou met ’n goue hart
LESLIE CHRISTIANS SKRYF:
Ek moes twee keer lees om te aanvaar dat dit wat ek lees die waarheid is. Ek praat nou van die oorlogsveteraan wat grond wil weggee.
Ek het vir mev. Victoria Kauluma gedoop “Engel van Grond.” Dit is die soort mens wat Namibië nodig het.
Sy het met een besluit gedoen wat die “Landless Peoples' Movement” en die AR in ’n leeftyd nie sal regkry nie. In hierdie grote Namibië het ons gierige, nuttelose leiers wat net aan hulle self en aan hul families dink. Sommige rugraatlose mense wat die woord leier nie werd is nie.
Vicky, ek wil graag vandag, namens die mense van die Hardapstreek, sê jy is ’n baie dapper, groothartige vrou, wat met jou optrede die liefling van Namibië geword het. Ek kan nie aan enigiemand dink, behalwe miskien die Vader van die Nasie, dr. Sam Nujoma, wat in Namibië so ’n groot daad aan sy medemens gedoen het nie.
Vicky, jy het nie net die sogenaamde ”leiers” en die plaasboere se oë laat oopgaan nie. Jy het ook bewys dat die grondkwessie in Namibië nie noodwendig ’n onoplosbare probleem is nie, maar dat as ons uitreik na die duisende arm mense en deel wat ons het, ons ’n modelnasie kan word. ’n Nasie wat deur die res van Afrika as ’n voorbeeld gesien kan word.
Vir jou, mevrou Kauluma, moet ’n standbeeld opgerig word, wat vir geslagte moet wys wat dit beteken om vir jou medemens om te gee. Deur ’n besluit te neem en dit openbaar te maak, het jy aan 2 000 harte hoop en blydskap gegee, waarvan vir geslagte vorentoe gepraat sal word. My gebede sal wees dat God jou sal bewaar en jy nog baie jare se gesonde leeftyd sal geniet.
In hierdie skrywe wil ek ander aanmoedig om dieselfde te doen. Ons stel nie belang in die doemprofete wat net negatiewiteit sal sien in so ’n gebaar nie. Kyk na die voordele van haar besluit en bou voort daarop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie