u2019n Vragruim vol vuur
u2019n Vragruim vol vuur

’n Vragruim vol vuur

Voor die vliegtuig sou opstyg, het doeane-beamptes en die SAL vasgestel die vrag sluit in R4- en R5-aanvalsgewere, 7,62 mm- ligte masjiengewere, 9 mm-Star-pistole, ammunisie en drie nabootsers wat gebruik word vir die opleiding van swaarvragmotorbestuurders.
Erika Gibson - Die Suid-Afrikaanse weermag het probeer om sonder die nodige magtiging ’n besending aanvalsgewere en ammunisie na Kuba te smokkel. Boonop wou hulle die wapentuig laai op ’n gehuurde SAL-vlug na Havana wat ook passasiers sou dra, blykbaar sonder dat die lugdiens of sy vlieëniers van die aard van die vrag bewus was.

Eers nadat die SAL en doeanebeamptes uitgevind het dat ’n aansienlike hoeveelheid oorlogstuig deel van die vrag was, is die vlug gekanselleer.

Die SAL het Vrydag in ’n geskrewe antwoord aan Rapport gesê die lugdiens se beleid laat nie die vervoer van enige artikel toe wat beskou kan word as “oorlogmunisie of dele daarvan” nie.

Rapport het intussen vasgestel dat die spesiale huurvlug, wat veronderstel was om van die Waterkloof-lugmagbasis na Havana te vlieg, oënskynlik gereël is om 150 Kubaanse tegnici, wat in die land is om die weermag se verouderde voertuigvloot op te knap, huis toe te neem vir hul jaarlikse vakansie. Voor die vliegtuig sou opstyg, het doeane-beamptes en die SAL vasgestel die vrag sluit in R4- en R5-aanvalsgewere, 7,62 mm- ligte masjiengewere (LMG’s), 9 mm-Star-pistole, ammunisie en drie nabootsers wat gebruik word vir die opleiding van swaarvragmotorbestuurders.

Ingeligtes sê die vrag, van etlike ton, is deur militêre vragmotors na die basis vervoer eerder as deur die vragkontrakteur wat gewoonlik die weermag se vragvervoer hanteer.

Vir die vlug

*R4- en R5-aanvalsgewere

*7,62 mm- ligte masjiengewere (LMG’s)

* 9 mm-Star-pistole;

* Ammunisie

* Drie nabootsers wat gebruik word vir die opleiding van swaarvragmotorbestuurders.

Doeanebeamptes wou nie die vrag goedkeur nie omdat die weermag nie die nodige uitvoerpermitte, wat deur die nasionale konvensionele wapenbeheerkomitee (NCACC) uitgereik moet word, gehad het nie. Ook die SAL het geweier om die wapentuig te vervoer. Die weermag het toe inderhaas vir ’n tydelike uitvoerpermit aansoek gedoen.

Jeff Radebe, voorsitter van die NCACC, het Vrydag aan Rapport gesê die wapentuig is deur die weermag se gesamentlike operasie-afdeling toegewys vir “opleiding” in Kuba. Hy sê die permitte is uitgereik nadat “al die nodige magtigings” bekom is.

“Suid-Afrika is ’n soewereine land en het geen diplomatieke goedkeuring van enige land nodig vir sulke transaksies nie. Die transaksie het ook nie enige diplomatieke of geopolitieke oorwegings genoodsaak voordat die permitte uitgereik is nie,” lui Radebe se skriftelike antwoord.

Militêre kenners het gegis dat die wapens dalk bestem was om Kubaanse wapenvervaardigers in staat te stel om die wapens na te maak en self te vervaardig. Volgens die militêre kenner Helmoed-Römer Heitman sou dit ook sin hê om “toetswapens” aan Kuba te leen om die Kubane te oorreed om by Suid-Afrika wapens te koop. “Ek kan egter nie sien waarom die weermag so ’n bemarkingsveldtog sou hanteer nie – dit is nie die weermag se werk nie.”

Heitman sê boonop is die pistole van Spaanse oorsprong en dié vervaardiger sal ook geken moet word voordat wapens herverkoop of na ’n ander land uitgevoer word.

Justin Collins, uitvoerende hoof van ThoroughTec, wat minstens een van die nabootsers vervaardig wat op die vlug was, sê hy het ’n ondersoek gelas om die redes vir die verskeping te bepaal.

Rapport verstaan dat daar Donderdagmiddag ’n groot geselligheid by die weermag se logistieke hoofkwartier in Pretoria was waar die weermagbevelsraad die Kubane kon groet voordat hulle op hul maand lange vakansie sou vertrek.

Teen druktyd Saterdagaand het die Kubane egter steeds in Pretoria gesit.

Die weermag het alle navrae oor die kwessie na die NCACC verwys.

Volgens Flightradar24, ’n webblad wat lugverkeer monitor, was die vliegtuig, ’n Airbus A340-642 met registrasienommer ZS-SNA, gereël om Vrydagaand 23:00 van die O.R. Tambo-lughawe na Havana te vertrek. Teen gisteraand was die vlug steeds vertraag. Volgens Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, wag hulle vir “bepaalde magtigings”.

In sy geskrewe antwoord aan Rapport was Tlali baie beslis dat die vliegtuig nie sal opstyg met wapens of ammunisie aan boord nie. “Alle artikels en bagasie (insluitend persoonlike bagasie) sal vooraf deur lughawesekuriteit geskandeer word om te verseker daar is geen wapens, ammunisie, plofstof of enige ander gevaarlike artikels aan boord nie. Die departement van verdediging is bewus van die vereiste dat ook eindgebruikersertifikate nodig is voordat die SAL enige vrag sal aanvaar.”

Die betrokke vlug sou die derde vlug na Havana met ’n SAL-straler wees, al bedryf die lugdiens nie ’n gereelde diens na die land nie.

Eers het 260 Suid-Afrikaanse mediese studente ná hul studie in Kuba teruggekeer. Die afgelope week was daar nóg ’n vlug, maar Tlali sê die lugdiens maak nie besonderhede van sy kliënte bekend nie nadat Rapport gevra het of dit ook ’n staatsvlug vir belastingbetalers se rekening was. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%