'n Veilige belruimte
Die pro-aktiewe besluit van die land se grootste selfoonmaatskappy om mense aan te moedig om hul SIM-kaarte te registreer, verdien krediet.
Dit is onvermydelik dat Namibië sal weg beweeg van die jarelange beleid om mense sonder persoonlike inligting toegang tot bel- en datanetwerke te gee.
Hierdie proses is deel van die wêreldwye beveiliging van die toenemend komplekse elektroniese dimensies van die menslike bestaan.
Sommige sug dalk diep oor die papierwerk wat op almal wag, maar ‘n ander uitweg gaan daar nie wees om hierdie lewensruimtes teen eenvoudige vorme van bedrog én al hoe meer ingewikkelde vorme van kubermisdaad te beskerm nie.
Inderdaad is dit in alle verbruikers se beste belang. Nie net diegene wat as’t ware hul hele lewe op hul slimfoon en ander toestelle saamdra nie. Gevoeligheid oor die verstrekking van persoonlike inligting raak in wese al hoe meer aanvegbaar.
Selfoonbedrog, teistering met behulp van selfone en die gebruik van onnaspoorbare selfoonnommers in die pleeg van ander misdade, is reeds algemeen in Namibië.
Wat van belang gaan wees – nou reeds en wanneer wetgewing in werking tree – is dat die prosesse vir registrasie so verbruikersvriendelik as moontlik moet wees. ‘n Aanlynregistrasieproses sal welkom wees – mits die nodige veiligheidsmaatreëls bestaan.
Bowenal sal selfoonmaatskappye persoonlike data uiters goed moet bewaar.
Misbruike mag steeds voorkom, maar behoort aansienlik af te neem.
Om die tyd uit te koop, is dit dalk goed om hierdie taak nou agter die rug te kry.
So sê ander
11 April 2017
No Zuma, the marches weren’t driven by racism
Speaking on Monday at the Chris Hani commemoration, President Jacob Zuma made his first reference to his thoughts and feelings on the hundreds of thousands of South Africans who took to the streets on Friday to ask for him to step down.
Disappointingly, the only thing Zuma appeared to have noticed was an alleged poster by a white person calling black people baboons.
To attempt to delegitimise everyone who doesn’t like you by making out that they are simply driven by racism is an insult to the country and the intellect of most of our people.
Hani also said: “What I fear is that the liberators emerge as elitists, who drive around in Mercedes-Benzes and use the resources of this country … to live in palaces and to gather riches.”
You may want to consider that as the more direct reason – not racism – for why the people marched.
• THE CITIZEN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie