'n Tuin in 'n boks
Mariselle Stofberg
Innovative Green Hands het 'n inisiatief van stapel gestuur waar iemand 'n tuin in 'n boks kan koop om tuinmaak so maklik en gerieflik as moontlik te maak.
Die Groente in 'n tuinboks-inisiatief is 'n volhoubare boerderymetode wat ontwerp is vir stedelike en landelike gemeenskappe om hul eie tuine te begin. Die boks is toegerus met alles wat jy benodig om jou eie tuin te begin en te bedryf.
“Die idee het in November 2020 ontstaan terwyl ons besig was met 'n agt maande opleidingsprogram, 'Precision Desert Agriculture as a Job Creator', waar ons 'n markopname gedoen het in die land se kusdorpe. Hier word landbou selde beoefen vanweë die ongunstige klimaat. Die opname het dit vir ons moontlik gemaak om vas te stel wat die inwoners sou nodig hê om hul eie tuine te kan begin, en só is die projek gebore,” sê me. Eufemia Alexander, die medestigter en direkteur van verkope en bemarking van Innovative Green Hands.
Die organisasie word grotendeels deur jongmense, meestal vrouens, bestuur en hoop om bewustheid te skep rakende die belangrikheid van landbou vir die land se ekonomie.
Innovative Green Hands het drie verskillende soorte draagbare hidroponiese stelsels ontwerp en gebou, naamlik 'n diepwaterkultuur-stelsel, 'n drupstelsel met 'n kweekhuis, en 'n deurlopende-vloeistelsel met houtplanthouers.
Die tuinbokse is ontwerp met 'n beskermende kweekhuisplastiek en skadunet om die klimaatstoestande van Namibië te weerstaan.
Die kweekhuisbedekking beheer die hoeveelheid lig wat die gewasse ontvang, terwyl die skadunet help om die gewasse te beskerm teen insekte en plae wat siektes kan veroorsaak.
“Dit bied ook beter ventilasie vir die plante. Namibië is baie droog en water is so skaars, daarom is die drupstelsels toegerus met druplyne om presiese hoeveelhede water en voedingstowwe aan die gewasse te verskaf. Ons gebruik 'n coco turf as ons medium vir die bokse, wat 'n lewensduur van vyf jaar het en langer water en voedingstowwe inhou, wat beteken jy hoef nie die plante so gereeld nat te maak nie,” het Alexander gesê.
Op die oomblik produseer Innovative Green Hands oestersampioene en bied konsultasies en tegniese ondersteuningsdienste aan boere en tuinbou-entoesiaste.
“Ons glo deur ons draagbare hidroponiese tuine kan individue vars groente met 'n hoë voedingswaarde kweek en self daarvan eet. As elke huishouding 'n hidroponiese tuin besit, sal dit help om die voedseltekort in die land te bowe te kom en die gemeenskap help om meer selfstandig te wees en by te dra tot voedselproduksie,” het sy bygesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie